Lofprysing

Deur : Skriba  /  October 22nd, 2011

Die Here was weereens oorvloedig in alle omstandighede die afgelope week.  Die jaar spoed ten einde en kom ons bid dat hy ons sal lei tot ‘n daaglikse ontmoeting met hom, in hierdie besige tyd ook, ten midde van ons besige programme om ons verpligtinge na te kom.  Kom ons loof en prys hom in alle omstandighede vir sy genade, liefde en ontferming.  “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!  Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!  Rom- 11: 33

In die Nuus