LOFPRYSING
Deur : Skriba / March 1st, 2014
Ons lofprysing kom uit die pragtige Ps 136. Ons bid:
“Here, ek wil U loof, want aan u liefde is daar geen einde nie.
U is die oppermagtige God, want aan u liefde is daar geen einde nie.
U gee voedsel aan al wat lewe, want aan u liefde is daar geen einde nie.”