Maandag: Presidente van lande

Deur : Skriba  /  September 20th, 2015

Uit die Bybel kry ons talle voorbeelde van die geweldige invloed wat die staatshoof(koning) op die geestelike belewing van die hele nasie het. Kom ons bid vir die presidente van drie lande dat hul dieselfde geleentheid as die konings van Babel in die tyd van Daniël sal hê om die woord van die Here te hoor.  Bid dat die woord hul harte sal aanraak, hulle sal oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei”Joh 16:13

In die Nuus