Maandag: Skole, beheerliggame, skoolhoofde.

Deur : Skriba  /  August 23rd, 2015

Onderwys bly in die nuus, die mees onlangse die beweerde misbruik van skoolfondse. By ons eie Hoërskool word ’n nuwe hoof binnekort aangestel. Bid vir die hele proses in die verskillende fases, vra met vrymoedigheid dat die Here vir ons skool ’n godvresende hoof sal stuur wat waarlik dissipel van Jesus is. Bid vir die lede van Beheerliggame dat hulle die leiding van die Here sal soek in alle sake rakende die skool waarvan hul die verantwoordelikheid dra. “Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees en hulle sal altyd vrede geniet” Jes 55:13

In die Nuus