MISDAAD
Deur : Skriba / March 20th, 2013
Ouer mense is sagte teikens en so het dit ook weer in ons gemeente gebeur. Te midde van veiligheidsmaatreëls wat ons tref, mag ons ook vra dat die Here ons bejaardes teen sulke misdaad sal beskerm. Vra die Here om al ons mense waaksaam te maak teen boosdoeners, dat ons mense versigtig sal wees met wie hulle in hul huise toelaat en dat die polisie en ander beskermingsdienste doeltreffend sal wees in die bekamping van misdaad. “Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting.” Ps 46:8