MISDAAD IN WELLINGTON
Deur : Skriba / November 4th, 2014
Terwyl ‘n gestremde Dinsdag by die skoenmaker instap, steel iemand sy fiets. Dieselfde oggend 07:00 gooi iemand R170-00 se brandstof in en betaal met ‘n gesteelde petrolkaart – later die oggend stap twee dromkrappers met ‘n wieledrom die straat af en maak verkoopbare items bymekaar. Ons bid: “Here ons smag na rustigheid, ‘n misdaadvrye same-lewing waar ons met U hulp vir die armes kan sorg en aan die rondlopers liefde kan bewys.”