MOSLEMBEDIENING

Deur : Skriba  /  April 24th, 2012

Wessel en Lomé Cronje doen kosbare werk onder uiters moeilike omstandighede in Durban.  Die gemeente het so gegroei dat hulle ‘n paar veranderinge aan die kerkgebou moes aanbring.  Terwyl u vir hulle en die bediening bid, kan u die Here ook dank vir bekeerlinge ook uit die Hindoe geloof.  Bid veral vir Christene wat sukkel om los te kom van bindinge van die verlede (Hindoe rituele ens).  Wessel skryf:  Paulus se pleidooi in 1 Kor 9:19-27 is vir ons ‘n inspirasie.  Bid asb vir ons persoonlik vir die sensiwiteit in alle omstandighede.”  “Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.”  vers 19 maar lees asb tot vers 27.

In die Nuus