NOOD

Deur : Skriba  /  May 8th, 2012

Bejaardes beleef ʼn kruipende nood wanneer hul ervaar dat hul beskikbare fondse binnekort nie meer in hul basiese behoeftes kan voorsien nie. Dit is traumaties veral indien daar nie verdere moontlikhede bestaan nie.  Kom ons bid dat gelowiges die nood sal opmerk en maniere sal vind om te help.  “Ek was oë vir die blindes, en voete vir die kreupeles, ek was ʼn vader vir die armes, ek het selfs onbekendes se regsaak behartig.”  Job 29:15 & 16

In die Nuus