OORLOGGETEISTERDE LIBIë

Deur : Skriba  /  August 16th, 2012

Dit is duidelik dat Moslems ‘n opregte nuuskierigheid ontwikkel na alles wat anders, nuut en snaaks is, insluitend die Christendom (miskien in die tyd van Ramadan meer as ander tye).  Hulle is nie noodwendig geestelik ontvanklik vir die Waarheid nie, maar dit laat ons vir die Heilige Gees.  Ons bid vir Libië:  “Vader ons dank U vir die duisende Bybels wat die afgelope tyd in die oorloggeteisterde gebied ingegaan het.  Ons bid dat dit effektief versprei sal word, dat Libiërs ‘n nuuskierigheid na die waarhede in die Bybel sal ontwikkel, dat werkers beskikbaar sal wees om te verduidelik en dat U Gees die oortuigingswerk sal doen.”

In die Nuus