OSBRAAI EN ANDER PROJEKTE
Deur : Skriba / April 24th, 2013
Ons, as kerk van Christus, is met baie projekte besig (Gemeentebulletin), kom ons bid dat in alles die eer van die Here gedien sal word. Bid asb dat die komende Osbraaifunksie en die wildsvleisverkope by die Stasieprojek suksesvol sal verloop en dat gelowiges ywerig sal saamwerk. “Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.” Spr 3:9