PLAASARBEID

Deur : Skriba  /  November 28th, 2012

Op talle plase is die verhouding tussen werkgewer en werknemer, wat dikwels oor baie jare opgebou is, binne ‘n dag of wat totaal verwoes.  Hoewel daar ‘n gespanne rustigheid is, het die regering beloftes gemaak wat moeilik teen 4 Des gehaal kan word.  Kom ons bid vir alle partye in hierdie drama dat reg en geregtigheid, wedersydse respek en rustige, gesonde  oordeel hier sal seëvier.  Bid dat die Here self gemoedere sal kalmeer en ‘n billike werkbare uitkoms sal gee.  “Die Here is regverdig en al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen.  Die Here is naby almal wat Hom aanroep.”  Ps 145:17 & 18

In die Nuus