RAMEDAAN 20 JULIE TOT 18 AUGUSTUS

Deur : Skriba  /  July 26th, 2012

Ongetroude enkelmoeders:  die meeste ongehude moeders in Marokko is arm, ongeletterde vroue van die platteland wat as huishulpe of jong dogtertjies van so jonk as sewe begin werk het.  Hulle word deur hulle families aan slawerny oorgegee as gevolg van finansiële nood.  Talle word verkrag omdat hulle “eiendom” van die man van die huis is.  Die wat verwagtend raak, land dikwels in die straat.  Ongeveer die helfte van die vroue wat buite die huwelik swanger raak, het beloftes van ‘n huwelik ontvang.  Kom ons bid:  Vader, openbaar asb U Vaderhart aan die vaders, families en veral aan die jong meisies van Marokko sodat hulle U sal leer ken as die “beskermer van die weduwees en wese”  (Ps 68:5).  Inspireer asb die kerk in Marokko om uit te reik met die liefde van Christus na die eensames.

In die Nuus