REGERING

Deur : Skriba  /  August 6th, 2013

Die skade en skandes van leiersfigure oorheers die hoofberigte van die sosiale media en ons kan verwag dat dit met die oploop na die verkiesing kan vererger.  Rom 13 handel oor “Verpligtinge teenoor die owerhede”  en daaruit wil ons ons gebed formuleer:  “Here, laat die wat gesag uitoefen, ophou met die werke van die duisternis, laat hulle (en ek) die wapens van die lig opneem en welvoeglik sal lewe soos dit in die daglig hoort.  Here, gee dat leiers in die regering die Waarheid sal ontdek en nie voortdurend daarop uit wees om hul sondige begeertes te bevredig nie.”  verse 12 – 14

In die Nuus