REGERING / KABINET
Deur : Skriba / October 31st, 2012
Dit wil voorkom asof die regering net nie die onrus in die arbeidsektor tot bedaring kan bring nie. Die leierskapkrisis in die regeringsparty het ook die potensiaal om onrus te stimuleer. Kom ons bid op grond van wat die psalmdigter sê: “Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting.” Ps 46:8. Bid asb dat die Here besluitnemers in die regering insig en wysheid sal gee om regverdig te regeer.