REGERING VAN SUID-AFRIKA
Deur : Skriba / November 12th, 2012
Ons begin ons voorbidding vir Suid-Afrika en sy leiers met belydenis van skuld en ongehoorsaamheid in die woorde wat Daniël in sy gebed vir die Joodse volk gebruik het: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en trou teenoor dié wat U liefhet en u gebooie gehoorsaam. Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons (is) opstandig en lewe nie volgens u gebooie en bepalings nie. Maar, U Here God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al ons ongehoorsaamheid teenoor U. Ons pleit by U om ontferming nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van U groot barmhartigheid.” Uit Daniël 9