REKENAARSPELETJIES EN –VERSLAAFDES

Deur : Skriba  /  June 18th, 2013

Talle kinders speel rekenaarspele -tjies; die meeste aanlyn en spandeer ure op ‘n dag daaraan.  Hulle sny hul dikwels af van die wêreld en almal rondom hulle.  Hulle gedagtewêreld word heeltemal hierdeur oorheers, slaap sleg en kry nagmerries daaroor.  Bid asb dat die Here Homself aan die kinders en jongmense sal openbaar.  Bid ook dat die kerk van Jesus oor die dinge sal praat en dat daar ‘n honger na die Woord van God in die harte van kinders en jongmense sal groei.  “Wie die Here dien, vind daarin ‘n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood ontkom.”  Spr 14:27

In die Nuus