Sendelinge

Deur : Skriba  /  November 13th, 2014

Ons bid vandag dat God aan sendelinge ʼn besondere onderskei-dingsvermoë sal gee om in moeilike situasies te weet wat om te sê. Bid dat hul optrede nie gelowiges se lewe in gevaar sal stel nie, dat hulle met hul optrede nie agterdog sal wek nie, maar dat hulle te midde van die gevaar van vervolging dalk, sal volhard in die verkondiging van die evangelie.  “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelik kinders van God.  Tree onder hulle op as ligdraers deur die Woord van die lewe uit te dra”  Fil 2:15 +16.

In die Nuus