SPORTMANNE IN DIE BUITELAND
Deur : Skriba / May 14th, 2014
Talle van ons jongmense beoefen hulle sport op professionele basis in die buiteland. Kom ons bid vir hulle gesondheid en dat hulle Christenwaardes sal uitleef in die beoefening van hul sport. Indien u die name van hulle ken, bid vir hulle tot God by die naam – hulle familie hier in SA sal dit waardeer. “My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” Ps 121:2 “Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.” Ps 121:8