SUIWER PREDIKING

Deur : Skriba  /  August 7th, 2012

Die saak van “suiwer prediking” kom dikwels onder gelowiges ter  sprake en dit bring dikwels meningsverskille na vore.  Dit is een van die redes waarom ons gereeld vra dat daar vir  geestelike leiers gebid moet word.  Bid ook asb vir wanneer ons gaspredikers nooi om te preek dat hulle onder die leiding van die Heilige Gees sal voorberei en dat hulle die evangelie van Christus suiwer sal verkondig – daaroor het Paulus nie twyfel nie, want in 1 Kor 15:3  sê hy:  “Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit:  Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.”

In die Nuus