VERKIESING
Deur : Skriba / March 11th, 2014
U moet asb nie moeg word om vir die verkiesing te bid nie. Die volkshandeling elke 5 jaar beïnvloed die lewe van duisende mense. Bid dat die Here die proses sal bestuur, dat mense mekaar sal respekteer en dat die proses vreedsaam sal verloop. “Daarom, U Majesteit, luister na my raad: breek met u sonde en u ongeregtigheid, doen wat reg is en bewys barmhartigheid teenoor dié wat in nood is. Dan sal u voorspoed aanhou.” Dan 4:27