VERKIESING

Deur : Skriba  /  April 8th, 2014

Dit is nie net in Suid-Afrika waar daar in 2014 gestem word nie.  Lande soos Somalië, Irak, Afghanistan, Maledive, Nigerië, Egipte, Colombië, Tunisië, Algerië en nog baie meer hou verkiesing in 2014.  In sommige van dié lande (lees Afghanistan hierin) gaan dit honderdmaal erger as in Suid-Afrika, terwyl ‘n verkiesing juis bedoel is om jou voorkeure op ‘n vreedsame wyse te toon.  Bid asb dat die Here regerings daar sal stel wat vir armes sal sorg, vrede sal soek en regverdig sal regeer.  “Hy beskerm die armes teen verdrukking …..”  Ps 107:41“Sal God dan nie aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie?”  Luk 18:7.

In die Nuus