VERKIESING: DANKSEGGING

Deur : Skriba  /  May 13th, 2014

Dank die Here vir die antwoord op soveel gebede gedurende die maande voor die verkiesing.  Dank Hom vir elke siel wat deur sy Gees aangeraak is en vir elkeen wat in die onseker tye besef hoe afhanklik hulle van die Here is (Matt 5:3).  Bid vir elkeen wat ná die verkiesing met uitvoerende gesag beklee word, vra dat hulle eerlik en opreg sal regeer.  “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:  “Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, en dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.”  Miga 6:8

In die Nuus