VERKIESING …. KORRUPSIE

Deur : Skriba  /  April 15th, 2014

Iemand maak die opmerking:  “Ons land word bankrot gesteel.”  Miskien is dit nie heeltemal so erg nie, tog verloor ons ekonomie astronomiese bedrae deur geldwassery, omkopery en bloot misbruik van belastinggeld.  Kom ons bid dat dié praktyke ontmasker sal word, oortreders skuldig bevind word en mense eerlik sal werk met belastinggeld.  Bid dat alle pogings van korrupsie, van watter kant ookal, blootgelê sal word.  “Hou by die waarheid, moet daarvan nie afstand doen nie.”  Spr 23:23  “ ……….. moenie jou sin vir waardes verloor nie.”  Spr 23:4 (b)

In die Nuus