VERKIESING: LEIERS VAN POLITIEKE PARTYE
Deur : Skriba / April 22nd, 2014
Vra die Here vir die redding van elke politieke party wat aan die komende verkiesing sal deelneem. Vra dat elkeen van hulle lewensver- anderende ontmoetings met die Here sal hê. Bid dat hulle insig in die Woord van God sal soek en dat die Here self hulle sal lei in die verkiesing. “Die woord van God is lewend en kragtig: Dit is skerper as enige swaard met twee snykante ……. dit beoordeel die bedoelings van die hart.” Heb 4:12