VEROOTMOEDIGING
Deur : Skriba / December 1st, 2013
Here, ek prys U, ek vereer U as enigste Here. Berei ons nasie, volk en taal voor soos Johannes die Doper gedoen het sodat ons die betekenis van die Christus kan verstaan. U is die Vader van die vaderlose en die beskermer van weduwees. Vader ons roep tot U uit vir ons dorp twv die haweloses, behoeftige gesinne, U wat blyplek gee aan die verlatenes en aan gevangenis vryheid.