WESSEL EN LOMé CRONJE: DURBAN
Deur : Skriba / August 15th, 2013
Wessel het Sondag op die DVD vir ons mooi vertel oor die kosbare werk wat hulle in ‘n interkerklike gemeenskap oor taalgrense heen in Durban doen. Bid vir hulle, vra vir krag onder moeilike omstandighede, vra vir volharding wanneer moedeloosheid dreig, vra vir toerusting wanneer hulle leiding moet gee en vra vir sukses op die werk. Bid Jesus se vrede op hulle en die gesin af. “Toe het ek die Here hoor vra: Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Jes 6:8