Woensdag: Bejaardes.
Deur : Skriba / August 25th, 2015
Benewens die feit dat bejaardes in aftreeplekke vereensaam, raak hulle onder snelveranderde omstandighede krities oor die lewe, onvergenoegd en weerstaan hulle die Here. Bid dat bejaardes aan die Here sal vashou, sy beloftes sal onthou en met medegelowiges sal gesels. Bid dat die Here mense sal vul met deernis vir bejaardes en dat hulle gereeld besoek sal bring aan inwoners van aftreeplekke. “Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê ‘Ek het daar niks aan nie’”. Pred 12:1