Wysheid

Deur : Skriba  /  October 16th, 2011

Dit help nie veel jy hoor allerhande mooi dinge in die kerk, maar jy maak dit nie jou eie nie.  Dit help nie jy lees ‘n goeie geestelike boek, maar jy pas nie toe wat jy daar gelees het nie.  As jy wysheid wil bekom, as jy ‘n gelukkige mens wil wees, moet jy verinnerlik wat jy vandag in God se wysheidskool leer. “Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun, hou by wat ek jou voorskryf, maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe. Sorg dat jy dit altyd onthou ,maak dit deel van jou lewe.”  Spreuke 7: 1 – 3  

In die Nuus