ZIMBABWE

Deur : Skriba  /  August 7th, 2013

Die “verkiesing” in Zimbabwe is verby en nou kan ons maar net bid dat daar uiteindelik ‘n stabiele regering tot stand sal kom en dat vrede en rustigheid tot die geteisterde gebied sal terugkom.  Suid-Afrika dra swaar aan die las wat Zimbabwe se haglike ekonomiese omstandighede teweegbring.  Kom ons vra op grond van die geskiedenis van Habakuk dat die Here vrede sal  bewerk in die land, dat voedselproduksie sal toeneem en wet en orde herstel sal word.  “Mag God hulle, as bron van alle hoop, deur geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat hulle hoop al hoe sterker kan word deur die werking van die Heilige Gees”  Rom 15:13 – effens verwerk.

In die Nuus