Deur : Skriba  /  March 11th, 2016

SONDAG 13 Maart 2016
Sesde Lydensweek

ONS GEMEENTE IS VANDAG 43 JAAR OUD

Ter viering van ons verjaardag, nooi ons al die volwassenes in ons gemeente uit om saam met ons `n heerlike eetdingetjie te geniet na afloop van die diens in die kerksaal. `n Donasie sal welkom wees om die uitgawes te dek.
Daar is vir al die kategese `n stokkielekker ter viering van ons verjaardag! Die klas se stokkielekkers kan deur die Kategeet in die sentrum afgehaal word.

Sin Deuroffer – Kinderbediening (KIX)

 

09:00  Oggenddiens –  Ds.  Jan Grobbelaar

09:00  Peuterkerk –  Kleutersorglokaal

09:00  Kleuterkerk  –  Jeuglokaal

09:00  Kinderkerk  –  Die Sentrum (Jesus kies sy dissipels)

10:00  Gemeente Koek en Tee  –  Kerksaal

18:00  Tienerselgroep(Gr 7–12) –  Die Sentrum

19:00  Passiespel –  NG Moedergemeente

In die Nuus