Deur : Skriba / July 19th, 2019
09:30 Oggenddiens
Ds Cornis Botha met Hugenote Koor
Luk 10:38-42
Om by die voete van Jesus te sit, is beter
19:00 Aanddiens
Ds NJ Van As
Waarom ‘n mens nie ‘n gebed kan doen nie!
VANDAG
Deuroffer is vanoggend vir TMB (Toerusting Missionêr)
09:30 Kleuterkerk (2-5jariges in Jeuglokaal) 09:30 Kinderkerk (Gr.R-Gr 3 in Sentrum)
Kategese groepe vir Gr 4-10 na die erediens in kategese lokale
18:00 Jeug@6 in die Sentrum
VOORBIDDING
Marius Smith (2)
Mariana Van Dyk (5)
Nella Kok (Les Hug)
Piet Uys (14)
Hannes Agenbag (13)
Ria Buckle
Kobus Lotze (15)
Jeanette Ingwersen (28)
Wilhelm & Annelie Arnold kleinkind
Robin Viviers (Sunfield)
Jacob Dampies ( Werker)
Omgee Bediening (G – Voucher Projek)
Elkeen van ons , glo ek , het in ons menswees die behoefte om iemand wat minder as ons het , of dalk niks het nie , te help. Kom ons noem dit ons “omgee hart”.
Die vraag is egter hoe en tot watter mate leef ons dit en gebruik ons ons talente , tyd en geld hiervoor. Soms is ‘n eenvoudige glimlag genoeg om iemand se dag te maak. Die G-Voucher projek is aanvanklik begin om kos aan straatslapers / haweloses te bied. Intussen het straatkerk op n Sondagoggend bygekom en is ons baie hoopvol om binne die volgende paar maande nog veel meer as dit te kan doen om mense te help, ondersteun en op te lei om hul gevoel van menswaardigheid te herstel. Met n geskikte perseel sal ons die groot behoefte aan opleiding kan voorsien waar enige persoon kan kom help , wat voel God druk dit op sy hart om sy talente en ondervinding hiervoor te bebruik. Vaardigheidsaanlegte sal verseker dat minder mense geld of kos bedel en n tipe van verantwoordelikheid aanleer en uitleef.
Wat kosvoorsiening betref, word die G- Voucher projek tans gedryf deur die NG , VG en Pres. Kerke asook bydraes uit die breë gemeenskap van Wellington. Die voedselnood hier in Wellington , hetsy vir die maag, maar ook vir die gees en God se Koningskrykswerk, is slegs haalbaar indien ons as gemeentes en pu- bliek saam kan werk en ondersteuning bied soos benodig. Die idee is glad nie , soos party voel , om meer haweloosheid aan te moedig nie , inteendeel ‘n samewerkingspoging kan verseker dat die teenoorgestelde die gevolg is.
Die ligaamlike voedselvoorsiening deur G-Voucher geskied tans uit die ou posduifklub-gebou agter die info kantoor en Moederkerk. Middagetes word voorsien van Maandag tot Vrydag om 12H00 , die fondse hiervoor is vrywillige hulp en bydraes vanuit gemeentes en publiek.
Die projek moedig inwoners en besoekers van Wellington aan om nie geld of kos aan mense op straat en bedelaars te gee nie. Die projek het G-Voucher boekies teen R 30.00 per boekie met 5 eetkoepons in (R 6.00 per ete). Boekies is beskikbaar by kerkkantoor , Wilmar bouhandel asook Ronel Trailers.
Die idee is dat die persone iets moet doen vir sy etekaartjie , al is dit net om rommel op te tel , hulle moet voel hulle doen iets om die ete te kry of te verdien. Haweloses en bedelaars moet die dag wat hulle die kaartjie (ete) gaan gebruik van 8H30 tot 10H00 aanmeld by klubhuis om hul ete te bespreek vir getalle doeleindes. Goeie en voedsame etes word voorberei. Om 11H50 is kos gereed en daar word eers geestelike liedjies gesing , n boodskap gebring waarna hulle eet. Hulle moet egter sorg dat hulle voor 12H00 daar is.
Die hele projek het groot waardering vir hulp sover, die behoeftes bly egter groot. Ons moedig u graag aan om te help op enige wyse moontlik, maar ook om behoeftiges , haweloses en straatslapers in gebed aan God op te dra en asseblief ook te bid vir Wellington G-Voucher projek.
Johan Carstens (084 243 5273) is Wellington Oos Gemeente se verteenwoordiger by die projek en Toit Fourie(082 375 3244) van die Omgeebediening is ook betrokke en kan gekontak word. Voorstelle is natuurlik ook welkom
22-24 JULIE 2019
JY WEET JY WIL DIT NIE MIS NIE!!!
Het jy al ooit gewonder hoe God jou en jou storie, vuil hande en al, kan gebruik?Kom kuier volgende week saam by HHS waar Ivor Swartz sy getuienis kom deel. 19:00-20:00 in die skoolsaal. Hot Chocolate vanaf 18:30. Almal is welkom, nie net Blackies nie.