Dinsdag: Bybelgenootskap van SA
Deur : Skriba / July 28th, 2015
Bybelvertaling is ’n moeisame en nimmereindigende werk omdat daar steeds taalgroepe is wat nog nie die Bybel in hul eie taal kan lees nie. Bid asb vir die werk van die Bybelgenootskap wêreldwyd, vra dat die Here kundige persone sal aanvuur vir die werk en die finansies sal voorsien omdat dit ’n duur en lang proses is. “Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en op Hom vertrou”. Jes 26:2