Dries Volschenk en sy familie

Deur : Skriba  /  May 25th, 2015

Dries-hulle sukkel met vervoer oor groot afstande en baie slegte paaie. Kom ons bid vir voorsiening en indien die Here u toelaat om op een of ander manier ’n verskil te maak – wees dan gehoorsaam. Hulle is ontsteld omdat die borgskap vir hul seun wat in Kenia skoolgaan, onttrek het en hulle moeilik die fooie sal kan bybring. Hulle sou graag van hul ander kinders ook daarheen wil stuur.

“Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. Die Here is my sterkte en my beskermer.” Ps 28:6

In die Nuus