Deur : Skriba  /  April 15th, 2015

DS JAN BESOEK NEDERLAND

Hy is met verlof v/a 1 Apr – 4 Mei en het op 7 April vertrek as deel van Projek Zebra. Hy besoek ds Renze se gemeente in Nederland soos wat ds Renze by ons gemeente gedoen het.

 

PIEKNIEK- EN FLIEKAAND BY DIE KERK

Ons hou Vrydagaand 17 Apr om 18:00 piekniek op die kerk se gras terwyl ons fliek kyk. Bring u eie piekniekmandjie en kombers/opvoustoel. Kostes beloop R50-00 vir volwassenes en R20-00 vir kinders. Kinders se kaartjie sluit springmielies en sappie in. Die fliek wat vertoon gaan word, sal ‘n lekker afrikaanse komedie vir hele gesin wees. Kaartjies is te koop by Salon Pappilon (agter Spar parkering), by Cherry Tree (by Checkers) asook by Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SUNFIELD VERVOER

Indien enigeen in besit van ‘n “PDP” lisensie bereid is om een maal per maand te help met die vervoer van die inwoners na die aanddienste, kontak asb Adell Erasmus 082 925 7190.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening sê baie dankie vir al die gereelde bydraes. Tans is ons voorraad min en behalwe vir rys, sal enige bydraes baie waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies wat ook nie merke maak aan die klere nie. Dit is te koop @ R25-00 per pak van 20 by die kerkkantoor asook by Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

HERWINNINGSPROJEK TBV DIE GEMEENTE

U kan al u plastiek, koerante, karton, boeke, glas en blik (skoon) in swartsakke (nie die deurskynende munisipale sakke wat vir die dorp se herwinningsprojek beskikbaar gestel is nie) aflewer by Boland Waste, Versailestr 54 (langs Boland Drukpers). Dit word dan tbv die kerk verkoop. Let asb daarop dat die plastiese doppies en broodknypertjies nog steeds na die kerkkantoor gebring moet word vir die rolstoelprojek.

 

VERLORE KERKEIENDOM

Met ons jaarlikse voorraadopname op 28 Febr het dit onder ons aandag gekom dat baie van ons kombuisware verlore geraak het die afgelope jaar. Ons doen ‘n dringende beroep op elkeen om asb by die huis te kyk vir enige kerkeiendom. Indien u wel iets het, sal ons dit waardeer indien u dit na die kerkkantoor sal bring.

 

SOSATIE VERKOPE

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide en rou bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 24 April. Die rou sosaties word verkoop in pakke van 5 in sous ge”vacuumpack”. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

AKKERS

Ons gaan weer akkers bymekaar maak en verkoop om fondse te in. U kan die akkers na die kerkkantoor bring of na Chris Olivier by Bainstraat 98. Vir verdere navrae kontak Chris 082 467 4386 / OlivierC@vodamail.co.za

 

AMOSBEDIENING

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

FYNGOUD DIENSSENTRUM SPORTDAG

Op 16 April v/a 08:30 – 13:00 in ons kerksaal. Almal is hartlik welkom om baie pret saam met ons te kom hê. Koste is R30-00 pp en sluit oggend koffie en toebroodjie en vrugtesap en middagete. Vir inligting kontak asseblief mev A Foonk 083 462 6413.

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c)

(a) Rom 4:25; 1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1, 5; Ef2:5, 6. (c) 1 Kor 15:20, 21.

In die Nuus