Deur : Skriba  /  April 18th, 2015

DS JAN BESOEK NEDERLAND

Hy is met verlof v/a 1 Apr – 4 Mei en het op 7 April vertrek as deel van Projek Zebra. Hy besoek ds Renze se gemeente in Nederland soos wat ds Renze by ons gemeente gedoen het.

 

KERKKANTOOR GESLUIT

Die vlg 2 Woensdagaande (22 en 29 April) sal die kerkkantoor nie oop wees tussen 18:00 en 19:00 aangesien Carien met verlof is.

 

WESKAAP SINODESITTTING 4-8 MEI

Die temas wat bespreek word is: “Omdat ons die evangelie glo, lewe ons met die hoop”:

(a) Missionale kerkwees;

(b) Jeug;

(c) Armoede;

(d) Profetiese getuienis (Hoe dink ons oor die land?);

(e) Kerklos lidmate / evangelisasie;

(f) Lidmate / lidmaatskap.

Die volgende kerkraadslede is afgevaardig: Ds NJ van As, ds Jan Grobbelaar, dr Ryk van Velden, dr Hennie van Deventer en Marnus Havenga.

 

PINKERSTER 2015

Ds Jan hanteer die tema “Disselskap” v/a 14 – 24 Mei. Kom ons maak dit ‘n familiepinkster. Die kinderpinkster vir laerskoolleerders is v/a Maan 18 – Don 21 Mei.

 

G-VOUCHERS

Indien u die G-Voucher projek wil ondersteun en die geld elektronies oorbetaal, gebruik asb die vlg bankbesonderhede: Wellingtof Gift Projects, ABSA Wellington, rekno 4085435537 met verwysing: u naam en van. Of u kan kontant by die kerkkantoor betaal of plaas dit in ‘n koevert gemerk “G-Vouchers” in die kollektebord .

 

DUVETPROJEK

Help asseblief! Ons het nog hande nodig vir die stikwerk. Jy hoef net drie nate en ‘n soom te stik vir ‘n duvetsloop. Kontak Elsa Giliomee by 021 873 0110 of 082 373 5853 of by elsagiliomee@icloud.com

 

SAD HALFMARATHON 1 MEI  

Ons kort nog omtrent 8 skinkers by ons kerk se waterpunt. Indien u bereid is om te help, kontak Tinus Broodryk   082 920 2290 / bromar@mweb.co.za

 

GEBEDSVERSOEK VIR DRIES VOLSCHENK (MADAGASKAR)

Die persoon wat Dries se seun, Janrich, se skoolgeld geborg het, het aangedui dat hy nie daarmee kan voortgaan nie. Janrich se sussie, Michelle het nou ook toelating om in September by RVA in Kenia haar skoolopleiding voort te sit. Dries vertrou dat die Here sal voorsien en vra dat ons asseblief saam met hulle sal bid vir borge vir sy kinders se skoolfonds en vliegtuigkaartjies.

 

BASAAR GROEP 5 POEDINGTAFEL

Is op soek na enige grootte Purity botteltjies. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

SUNFIELD VERVOER

Indien enigeen in besit van ‘n “PDP” lisensie bereid is om een maal per maand te help met die vervoer van die inwoners na die aanddienste, kontak asb Adell Erasmus 082 925 7190.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening sê baie dankie vir al die gereelde bydraes. Tans is ons voorraad min en behalwe vir rys, sal enige bydraes baie waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25-00 per pak van 20 by die kerkkantoor asook by Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SOSATIE VERKOPE

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide en rou bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 24 April. Die rou sosaties word verkoop in pakke van 5 in sous ge”vacuumpack”. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565.

 

AMOSBEDIENING

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

MARK LORETZ PRAATJIE

Sat 9 Mei v/a 08:30 – 13:00 in Die Sentrum. Die onderwerp is “New Beginnings Breakthrough Fast Strategy” en dit behels ‘n baie interessante en inspirerende benadering om in jou geestelike lewe ‘n 8 dag strategie te volg wat ‘n deurbraak kan veroorsaak. Ons is geneig om so maklik, met die uitdagings van die lewe, ons geestelike lewe af te skeep. Hierdie praatjie deur Mark Loretz kan net jou persoonlike verhouding met God versterk en verbeter. Dis ‘n praatjie vol praktiese wenke en absoluut relevant tot ons lewe vandag en al is die materiaal (die voorlegging) in Engels, sal Mark dit in Afrikaans aanbied. Toegang gratis. Navrae aan Margaux Reitsma 083 444 1926.

 

SILWERKRUIN HOU BASAAR

Sat 25 April 2015 in die kerksaal van Moedergemeente in Kerkstraat. Daar sal vars vleis, groente en vrugte sowel as pannekoek, gebak en nagereg te koop aangebied word. Kaartjies vir gebraaide snoek, patat en roosterkoek is beskikbaar by Silwerkruin.  Daar word spesiaal voorsiening gemaak vir kinders met ‘n poppekas en spesiale kindertafel. Vir navrae kontak Yvonne Booysen 021 873 1040.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Kom luister gerus Woens 22 Apr 19:15 na ‘n entoesiastiese spreker, pastorale sielkundige Fanie Kriel van die Paarl, oor Eiewaarde, ‘n onderwerp na aan sy hart. ‘n Vrywillige bydrae sal welkom wees.  Koffie, tee en beskuit sal vir jou wag! Navrae kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000 v/a Don 16 Apr.

 

DRAKENSTEIN GEMEENTE FONDSINSAMELING VIR SENDELINGE (WAARONDER WESSEL CRONJE OOK TEL)

Dit is in die vorm van ‘n ete op 10 Mei om 12:00 in die Drakenstein Kerksaal @ R70-00 per persoon. Die spyskaart bestaan uit “steak pastei”, gebraaide aartappel, rys, groenteskottel en nagereg.  Bring eie eetgerei en drinkgoed. Wegneemetes is ook beskikbaar vanaf 11:00 tot 12:00. Kontak Lona Liebenberg by 082 382 0526 of liebies4@absamail.co.za om jou plek te bespreek voor 4 Mei.

 

NGK RIEBEEK KASTEEL KUNSUITSTALLING

“Lof en dank aan God, die Heer, met skilderye en talente om Hom te eer”. Sat 25 Apr tot Son 3 Mei v/a 09:00 tot 17:00. Toegang gratis. Heerlike verversings te koop.

 

In die Nuus