Deur : Skriba  /  April 28th, 2015

DS JAN BESOEK NEDERLAND:

Hy is met verlof v/a 1 Apr – 4 Mei en het op 7 April vertrek as deel van Projek Zebra. Hy besoek ds Renze se gemeente in Nederland soos wat ds Renze by ons gemeente gedoen het.

 

KERKKANTOOR GESLUIT:

Woensdagaand 29 April sal die kerkkantoor nie oop wees tussen 18:00 en 19:00 aangesien Carien met verlof is.

 

BID VIR ONS LAND:

Probeer om elke aand om 21:00 ‘n tydjie in te ruim om vir ons land te bid – 1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

WESKAAP SINODESITTTING 4-8 MEI:

Die temas wat bespreek word is:  “Omdat ons die evangelie glo, lewe ons met die hoop”:  (a) Missionale kerkwees; (b) Jeug; (c) Armoede;

(d) Profetiese getuienis (Hoe dink ons oor die land?); (e) Kerklos lidmate / evangelisasie; (f) Lidmate / lidmaatskap.  Die volgende kerkraadslede is afgevaardig:  Ds NJ van As, ds Jan Grobbelaar, dr Ryk van Velden, dr Hennie van Deventer en Marnus Havenga.  U voorbid-ding sal waardeer word.

 

PINKERSTER 2015: 

Ds Jan hanteer die tema “Disselskap” v/a 14 – 24 Mei.  Kom ons maak dit ‘n familiepinkster.

 

KINDERPINKSTER V/A MAAN 18 – DON 21 MEI 2015:

Tema “Op ons knieë”.  Gr R tot 6 kom leer meer oor die kragtigste wapen wat ons het.  Ons gaan saam sing, speel, bid en leer in die teenwoordigheid van ons Vader.  Gr 7 tot 12 kan kom aanmeld as groepleiers en helpers. (Tannie Adell 082 9257 190).

 

G-VOUCHERS BETALINGS:

Indien u die G-Voucher projek wil ondersteun en die geld elektronies oorbetaal, gebruik asb die vlg bankbesonderhede: Wellingtof Gift Projects, ABSA Wellington, rekno 4085435537 met verwysing: u naam en van. Of u kan kontant by die kerkkantoor betaal of plaas dit in ‘n koevert gemerk “G-Vouchers” in die kollektebord. G-VOUCHER SÊ BAIE DANKIE!!  Sedert ons laaste beurt by die projek, 5 weke gelede, het ons weereens beleef hoe die Here voorsien vir sy werk.  Ons het ‘n kisvrieskassie gekry vir die kombuis, ‘n yskas, asook ‘n lang houtbank en genoeg plastiese stapelstoeltjies sodat niemand meer op die grond hoef te sit nie!  Ons is dringend op soek na ‘n GROOT dikboom Aluminium kastrol.  (Daar word op gas gekook en die dun kastrol het gate in gebrand.)  Groot hoeveelhede uie word elke dag gekap.  Het iemand dalk ‘n uiekapper vir ons?   Daar is ook ‘n groot behoefte aan mansklere en veral skoene (klein nommers.)  Kontak: Steenkamp Claassen 021 8733163 / 083 650 8104 of Carina Theron   021 8642529  / 084 288 4259 of Kerkkantoor.

 

DUVETPROJEK:

Help asseblief!  Ons het nog hande nodig vir die stikwerk. Jy hoef net drie nate en ‘n soom te stik vir ‘n duvetsloop. Kontak Elsa Giliomee by 021 873 0110 of 082 373 5853 of by  elsagiliomee@icloud.com

 

HUIS MOPANIE:

Ons gemeente ondersteun Huis Andrew Murray deur oa ‘n “huis” aan te neem en daardie huismoeder en kinders se belange op die hart te dra.  Enige persoon / persone wat graag betrokke wil raak by Huis Mopanie tov verjaarsdae, kerspartytjie ens. kan vir Adell kontak by 082 925 7190.

 

SAD HALFMARATHON 1 MEI  

Ons kort nog omtrent 8 skinkers by ons kerk se waterpunt.  Indien u bereid is om te help, kontak Tinus Broodryk   082 920 2290 / bromar@mweb.co.za

 

GEBEDSVERSOEK VIR DRIES VOLSCHENK (MADAGASKAR):

Die persoon wat Dries se seun, Janrich, se skoolgeld geborg het, het aangedui dat hy nie daarmee kan voortgaan nie.  Janrich se sussie, Michelle het nou ook toelating om in September by RVA in Kenia haar skoolopleiding voort te sit.  Dries vertrou dat die Here sal voorsien en vra dat ons asseblief saam met hulle sal bid vir borge vir sy kinders se skoolfonds en vliegtuigkaartjies.

 

BASAAR GROEP 5 POEDINGTAFEL: 

Is op soek na enige grootte Purity botteltjies.  U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

SUNFIELD VERVOER: 

Indien enigeen in besit van ‘n “PDP” lisensie bereid is om een maal per maand te help met die vervoer van die inwoners na die aanddienste, kontak asb Adell Erasmus 082 925 7190.

 

NOODKAS: 

Die Barmhartigheidsbediening sê baie dankie vir al die gereelde bydraes.  Tans is ons voorraad min en behalwe vir rys, sal enige bydraes baie waardeer word.  Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies.  Dit is te koop @ R25-00 per pak van 20 by die kerkkantoor asook by Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

GEBEDSPAN NA THAILAND: 

Ons gemeente ondersteun dr Johan Snymann van “Free to Serve” wat in Thailand ‘n Bybelskool aan die gang hou vir kerkplanters in Thailand, Burma, Laos en China.  Ryk van Velden gaan in November vanjaar by die Bybelskool lesings aanbied.  Indien enige lidmate belangstel om deel van ‘n gebedspan te word om saam met hom daarheen te gaan, moet jy Ryk van Velden kontak (082 857 4368).  Die span sal ook nuwe gemeentes in Laos, Burma en Thailand besoek om ‘n beeld te vorm van die werk wat ons gemeente ondersteun.  Belangstellendes moet Ryk van Velden so spoedig as moontlik skakel omdat kaartjies duurder word namate die jaar vorder.

 

AMOSBEDIENING: 

Is op soek na enige goeie tweedehandse (of nuwe) speelgoed.  U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

MARK LORETZ  PRAATJIE:

Sat 9 Mei v/a 08:30 – 13:00 in Die Sentrum.  Die onderwerp is “New Beginnings Breakthrough Fast Strategy” en dit behels ‘n baie interessante en inspirerende benadering om in jou geestelike lewe ‘n 8 dag strategie te volg wat ‘n deurbraak kan veroorsaak. Hierdie praatjie deur Mark Loretz kan net jou persoonlike verhouding met God versterk en verbeter. Dis ‘n praatjie vol praktiese wenke en absoluut relevant tot ons lewe vandag.  Word in Afrikaans aangebied.  Toegang gratis.  Navrae aan Margaux Reitsma  083 444 1926.

 

DEUROFFER –  STUDENTE BEARBEIDING:

Bediening aan studente is vir die kerk van die uiterste belang, want dit is ‘n belegging in die geestelike vorming van môre se leiers. Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word gegee vir bediening van studente op verskillende plekke.  Die grootste gedeelte van fondse gaan na Moederkerk in Stellenbosch wat sedert die samesmelting met Studentekerk, verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie  bediening waar die grootste konsentrasie studente is.

In die Nuus