Deur : Skriba  /  May 3rd, 2015

DS JAN BESOEK NEDERLAND

Hy is met verlof v/a 1 Apr – 4 Mei en het op 7 April ver- trek as deel van Projek Zebra. Hy besoek ds Renze se gemeente in Nederland soos wat ds Renze by ons gemeente gedoen het.

 

BID VIR ONS LAND

Probeer om elke aand om 21:00 ‘n tydjie in te ruim om vir ons land te bid – 1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

WESKAAP SINODESITTTING 4-8 MEI

Die temas wat bespreek word is: “Omdat ons die evangelie glo, lewe ons met die hoop”: (a) Missionale kerkwees; (b) Jeug; (c) Armoede; (d) Profetiese getuienis (Hoe dink ons oor die land?); (e) Kerklos lidmate / evangelisasie; (f) Lidmate / lidmaatskap. Die volgende kerkraadslede is afgevaardig: Ds NJ van As, ds Jan Grobbelaar, dr Ryk van Velden, dr Hennie van Devente, Marnus Havenga, Adell Erasmus (in ds Jan se afwesigheid), Danie Theart, Alet Berry, Manie Jurgens en Raymond Driescher. U voorbidding sal waardeer word.

 

PINKERSTER 2015

Ds Jan hanteer die tema “Disselskap” v/a 14 – 24 Mei. Kom ons maak dit ‘n familiepinkster.

 

KINDERPINKSTER V/A MAAN 18 – DON 21 MEI 2015

Tema “Op ons knieë”.  Gr R tot 6 kom leer meer oor die kragtigste wapen wat ons het.  Ons gaan saam sing, speel, bid en leer in die teenwoordigheid van ons Vader. Gr 7 tot 12 kan kom aanmeld as groepleiers en helpers. (Tannie Adell 082 9257 190).

 

G-VOUCHER PROJEK

Woens 6 Mei  18:00 – 19:00 nooi ons almal uit wat by die week- likse kosgee betrokke is, of nog wil inskakel, na ‘n saamgesels byeenkoms op die terrein. Ons leer mekaar ken, word ingelig oor nuutste verwikkelings, bespreek werksaamhede en behoeftes en bid saam. Kontak Carina Theron 084 288 4259.

 

BID VIR LIBIë

Ten spyte van al die negatieve nuusberigte is dit baie duidelik dat die Here aan die werk is in die wêreld. Sy was die afgelope tyd in KZN waar sy verskeie suksesvolle geleenthede gehad het om mense toe te spreek oor die Gebedsjaar vir Libië by oa selgroepe, laerskole en ook met persoonlik gesprekke. Bid asb. vir die fasiliteerders van die  jaar van gebed vir moed en beskerming, vir die administrasie, vir goeie kommunikasie en inspirasie, maar ook vir die “Trauma Coordinating Committee” waarvan sy deel is.  22 Mei deel sy die oggend met ‘n laerskool hoe om na ander uit te reik. Sy sal die week van die 24ste in Pretoria en 30ste by Balfour optree.   Bid asb dat die Heilige Gees haar duidelik sal lei oor wat sy moet sê. Ten spyte van slegte nuus uit Libië die afgelope 2 weke: 30 Christene is onlangs tereggestel; ‘n kruisiging van ‘n (Moslem) familie van 8 en onthoofding van Libiese joernaliste (al 3 gevalle deur die Islamitiese Staat), is die Heilige Gees besig om mense se harte te verander.  Baie (goeie stories) kan nie nou vertel word nie om mense te beskerm, maar ons gebede word verhoor: vir beskerming van gelowiges; Libiërs wat Jesus ontmoet; gelowiges wat maniere vind om byeen te kom. Moenie die jaar die kans laat verbygaan om saam te bid en mee te werk aan God se storie in Libië nie.  Teken in vir die weeklikse gebedsbulletin by www.pray4libya.net; of skandeer die QR kode (beskikbaar op ons webwerf) om in te teken of volg ons op Facebook (Bid vir Libië) of kry ‘n uitdruk by die kerkkantoor.

 

GEBEDSVERSOEK VIR DRIES VOLSCHENK (MADAGASKAR)

Die persoon wat Dries se seun, Janrich, se skoolgeld geborg het, het aangedui dat hy nie daarmee kan voortgaan nie. Janrich se sussie, Michelle het nou ook toelating om in September by RVA in Kenia haar skoolopleiding voort te sit. Dries vertrou dat die Here sal voorsien en vra dat ons asseblief saam met hulle sal bid vir borge vir sy kinders se skoolfonds en vliegtuigkaartjies.

 

SOSATIE VERKOPE

Jeugbediening loods die jaar ‘n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk. Ons gaan een keer per maand gebraaide en rou bees- en hoendersosaties @ R15 elk by Die Sentrum verkoop as een van die projekte. Dit sal op Vrydagaande geskied vanaf 18:00 – 20:00 en ons vlg aand is 25 Junie. Bestellings kan geplaas word by Elize (kerkkantoor), Tinus Broodryk 082 920 2290 of Anneli (Bromar Wines) 021 873 0565. Die rou sosaties word verkoop in pakke van 5 in sous ge”vacuumpack” en is ook beskikbaar reg deur die maand, kontak Tinus by bg nr.

 

VAARDIGHEDE VIR DIE KINDERS VAN LUKHANYO

Die marimba orkeslede kamp vol-gende naweek by Island of Hope in die Paarl.  Hulle tree die Sondag in Welgemoed op. Ons wil vir hulle ander vaardighede ook leer en benodig mense uit die gemeente om van tyd tot tyd hiermee te kan help.  Ons soek iemand om vir hulle Saterdag 9 Mei v/a 10:00 – 12:00 te kom leer om roosterkoek te bak.  Hulle gaan leer om hulle eie kos te maak.  Indien iemand vir ons kan help, skakel Mariette van Velden 079 881 6861 of 021 873 2967.

 

MARK LORETZ PRAATJIE

Sat 9 Mei v/a 08:30 – 13:00 in Die Sentrum. Die onderwerp is “New Beginnings Breakthrough Fast Strategy” en dit behels ‘n baie interessante en inspirerende benadering om in jou geestelike lewe ‘n 8 dag strategie te volg wat ‘n deurbraak kan veroorsaak. Hierdie praatjie deur Mark Loretz kan net jou persoonlike verhouding met God versterk en verbeter. Dis ‘n praatjie vol praktiese wenke en absoluut relevant tot ons lewe vandag. Word in Afrikaans aangebied. Toegang gratis. Navrae aan Margaux Reitsma 083 444 1926.

 

AMOSSTRAATMARK 9 MEI (STRAND)

Vir navrae kontak Malene Bothma 082 340 6045.

 

DRAKENSTEIN GEMEENTE FONDSINSAMELINSGETE VIR SENDELINGE

10 Mei om 12:00 in Drakenstein Kerksaal @ R70-00 pp. Wegneem etes ook beskikbaar vanaf 11:00 tot 12:00. Kontak Lona Liebenberg by 082 382 0526 om jou plek te bespreek voor 4 Mei.

 

DEUROFFER – CLF

Die Christelike Lektuurfonds bring sedert 1957 die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare lektuur. Pamflette is beskikbaar in meer as 20 tale oor onderwerpe wat wissel van geloofsgroei tot sosiaal-maatskaplike probleme. Hierdie hulpmiddels is ideaal vir eie geloofsgroei of om in ʼn een-tot-een verhouding met iemand anders te gebruik om hulle te vertel van sy liefde en trou. Raak betrokke by die 1 MILJOEN BYBELS VIR 1 MILJOEN KINDERS-PROJEK om die Bybelse boodskap na die kinders van ons land in Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Tswana, Zoeloe en Pedi te bring. Vir meer inligting besoek ons webwerf by www.clf.co.za of skakel 021 873 6964.

In die Nuus