Deur : Skriba  /  May 10th, 2015

PINKSTER 2015 

V/a Donderdag 14 – Sondag 24 Mei hanteer ds Jan die tema “Disselskap – Leef in ‘n verhouding met die Here”. Die program is op ons webwerf beskikbaar. Daar gaan weer elke aand lekker sop en brood na die diens in die saal wees asook geestelike boeke (behalwe Sondagaand) te koop tbv Bybelverspreiding. Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte (veral toiletware en skoonmaakmiddels) vir ons noodkas – daar sal gedurende die loop van Pinkster mandjies agter in die kerk wees waarin u hierdie produkte kan plaas. Die deuroffer v/a Maandag tot Donderdag gaan vir Bybelverspreiding.

 

KINDERPINKSTER V/A MAAN 18 – DON 21 MEI 2015

Tema “Op ons knieë”.  Gr R tot 6 kom leer meer oor die kragtigste wapen wat ons het.  Ons gaan saam sing, speel, bid en leer in die teenwoordigheid van ons Vader. Gr 7 tot 12 kan kom aanmeld as groepleiers en helpers. (Tannie Adell 082 9257 190).

 

 

MAANDELIKSE DANKOFFERS

Dankie vir u reaksie op die kerkraad se versoek om mbv ‘n verhoging in u dankoffer die tekort op die begroting te diens. Die dankoffer inkomste het met 10% gestyg.

 

JUNIE – SPESIALE DANKOFFERMAAND

U diaken / dienswerker kollekteer nie Junie nie, maar sal vir u ‘n dankofferkoevert gee wat u gedurende Junie na die kerk of die kerkkantoor kan bring. 2 Kor 9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”

 

BID VIR ONS LAND

Probeer om elke aand om 21:00 ‘n tydjie in te ruim om vir ons land te bid – 1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

BID VIR LIBIë

Ten spyte van slegte nuus uit Libië is die Here besig om in die mense daar se harte te werk.  Ons gebede maak ‘n verskil.  Moenie die jaar die kans laat verbygaan om saam te bid en mee te werk aan God se storie in Libië nie.  Teken in vir die weeklikse gebedsbulletin by www.pray4libya.net of volg ons op Facebook (Bid vir Libië) of kry ‘n uitdruk by die kerkkantoor.

 

VREUGDEDIENS KERRIE & RYS WEGNEEM ETE

Op Vrydag 29 Mei kan u tussen 12:00 en 14:00 (asb niks later nie) ‘n bakkie heerlike kerrie & rys @ R25 by die kerkkombuis kom afhaal. U moet asb vooraf kaartjies koop by die kerkkantoor of lede van die Vreugdedienskomitee. Navrae aan Hetta Cloete 021 873 3158.

 

GEBEDSVERSOEK VIR DRIES VOLSCHENK (MADAGASKAR)

Die persoon wat Dries se seun, Janrich, se skoolgeld geborg het, het aangedui dat hy nie daarmee kan voortgaan nie. Janrich se sussie, Michelle het nou ook toelating om in September by RVA in Kenia haar skoolopleiding voort te sit. Dries vertrou dat die Here sal voorsien en vra dat ons asseblief saam met hulle sal bid vir borge vir sy kinders se skoolfonds en vliegtuigkaartjies.

 

NOODKAS

Die Barmhartigheidsbediening sê baie dankie vir al die gereelde bydraes. Tans is ons voorraad min en behalwe vir rys, sal enige bydraes baie waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25-00 per pak van 20 by die kerkkantoor asook by Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SOSATIE \ QUICHE NUUT! NUUT!!!!!!!!!!!!

Jeugbediening loots die jaar n projek om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n minibus vir die kerk.

Sosaties: Ons verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak.

NUUT – Quiche: Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche vir die gemeentelede wat graag iets anders wil geniet. Vooraf bestellings by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 8730 565.

 

BASAAR GROEP 5 POEDINGTAFEL

Is op soek na enige grootte Purity botteltjies. U kan dit na die kerkkantoor bring.

 

HUIS MOPANIE

Ons gemeente ondersteun Huis Andrew Murray deur oa ‘n “huis” aan te neem en daardie huismoeder en kinders se belange op die hart te dra. Enige persoon / persone wat graag betrokke wil raak by Huis Mopanie tov verjaarsdae, kerspartytjie ens. kan vir Adell kontak by 082 925 7190.

 

SNOEKFEES 1 AUG TE MIDDELBURG

Lidmate wat wil saamgaan om te help, skakel asb die kerkkantoor. Daar is plek vir 14 mense.

 

SINODALE BYEENKOMS VIR VROUE IN DIE WES- EN SUID-KAAP

U word uitgenooi na die vierjaarlikse byeenkoms Woens 3 Junie v/a 09:00 – 13:00 (registrasie v/a 08:15) by Eensgezind, Durbanville. Die koste beloop R150-00 p/p en dit sluit ‘n laatoggend ontbyt in. Alle vroue is welkom by dit by te woon. Dr Nico Simpson behandel die geloofsreis   “Vroue met Vlerke” met ons. Die tema: “Regtig begenadigde?” Ons versoek dat persone van verskillende dorpe/gemeentes saamry om koste te spaar. Nader aan die tyd sal ons meer besonderhede asook ‘n padkaart stuur. Vir verdere navrae kontak Karen van As 021 873 5222.

 

GEBEDSPAN NA THAILAND

Ons gemeente ondersteun dr Johan Snymann van “Free to Serve” wat in Thailand ‘n Bybelskool aan die gang hou vir kerkplanters in Thailand, Burma, Laos en China. Ryk van Velden gaan in November vanjaar by die Bybelskool lesings aanbied. Indien enige lidmate belangstel om deel van ‘n gebedspan te word om saam met hom daarheen te gaan, moet jy Ryk van Velden kontak (082 857 4368). Die span sal ook nuwe gemeentes in Laos, Burma en Thailand besoek om ‘n beeld te vorm van die werk wat ons gemeente ondersteun. Belangstellendes moet Ryk van Velden so spoedig as moontlik skakel omdat kaartjies duurder word namate die jaar vorder.

In die Nuus