Deur : Skriba  /  May 24th, 2015

DS JAN

Ds Jan is die week na Pinkster af. Skakel ds NJ indien u ‘n leraar benodig.

 

BAIE DANKIE

Aan al die sopmakers. Ons het heerlik saamgekuier tydens Pinkster

 

JUNIE – SPESIALE DANKOFFERMAAND

U diaken/dienswerker kollekteer nie Junie nie, maar sal vir u ‘n dankofferkoevert gee wat u gedurende Junie na die kerk of die kerkkantoor kan bring. 2 Kor 9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”

 

PRAYERWALK

Maandagaand 25 Mei v/a 19:00 – 20:00. Jesus se volgelinge uit alle gemeentes / denominasies / kerke in Wellington gaan as eenheid saam met Jesus deur die strate stap om te kyk, luister en te bid. Beginpunt: NG Moederkerk se parkeerterrein. Sorg dat jy reeds 18:50 daar is. Bring lig/lampe/flitse agv beurtkrag.

 

BID VIR ONS LAND

Probeer om elke aand om 21:00 ‘n tydjie in te ruim om vir ons land te bid – 1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 25 – 29 Mei Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Indien u die G-Voucher projek finansieël wil ondersteun en die geld elektronies oorbetaal, gebruik asb die vlg bankbesonderhede: Wellingtof Gift Projects, ABSA Wellington, rekno 4085435537 met verwysing: u naam en van. Of u kan kontant by die kerkkantoor betaal of plaas dit in ‘n koevert gemerk “G-Vouchers” in die kollektebord.

 

MOTORFIETSRIT NA ELANDSBAAI 5 – 6 JUNIE

Ons vertrek Vrydag 5 Junie om 13:00 v/a Die Sentrum. Arriveer Saterdag in die namiddag in Elandsbaai en bly oor in ‘n gastehuis @ R250 pp (beddegoed ingesluit). Bevestig met Bennie Smith 083 651 3305 en betaal in by kerkkantoor voor 26 Mei 12:00. Daar is slegs plek vir 15 persone.  

 

SINODESITTING 2015

Die Sinode nooi alle lidmate, leiers en dominees uit na die Winterskool 2 – 4 Junie.

Dag 1: Ons roeping om beide getroue dissipels van Jesus en verantwoordelike landsburgers te wees.

Dag 2: Wat is ons verantwoordelikheid as kerk en landsburgers?

Dag 3 & 4: Hoe om die wêreld te verander. Kan die kerk ʼn rol hierin speel?

Navrae Wilma by 021-808 3624. Program en Inskrywingsvorm (sperdatum Saterdag 27 Mei) beskikbaar by die kerkkantoor of by www.Communitas.co.za

 

VREUGDEDIENS KERRIE & RYS WEGNEEM ETE

Op Vrydag 29 Mei kan u tussen 12:00 en 14:00 (asb niks later nie) ‘n bakkie heerlike kerrie & rys @ R25 by die kerkkombuis kom afhaal. U moet asb vooraf kaartjies koop by die kerkkantoor of lede van die Vreugdedienskomitee. Navrae aan Hetta Cloete 021 873 3158.

 

HUWELIK MET VONK

Word elke Woensdagaand v/a 3 – 24 Junie om 19:00 in Die Sentrum aangebied deur ds Jan. Die onderwerpe wat behandel gaan word is “Grotman of Droomman” / “Vrotvrou of Droomvrou” / “Een, maar nie eenders” en “Panado asb”. Belangstellendes moet asb hulle name deurgee aan die kerkkantoor.

 

DS KHOZA IN MOSAMBIEK

Ds Khoza, wat deur ons gemeente ondersteun word in sy gemeente se kerkplantuitreike in Mosambiek, benodig ‘n tent waarin kerkplanters kan bly wanneer hulle na ‘n gebied uitreik waar daar nog geen kerk is nie. Indien iemand ‘n goeie tent te koop kan aanbied of skenk vir die doel, kontak asb vir Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor.

 

GEBEDSVERSOEK VIR DRIES VOLSCHENK (MADAGASKAR): Die persoon wat Dries se seun, Janrich, se skoolgeld geborg het, het aangedui dat hy nie daarmee kan voortgaan nie. Janrich se sussie, Michelle, het nou ook toelating om in September by RVA in Kenia haar skoolopleiding voort te sit. Dries vertrou dat die Here sal voorsien en vra dat ons asseblief saam met hulle sal bid vir borge vir sy kinders se skoolfonds en vliegtuigkaartjies.

 

NOODKAS

Tans is voorraad min en behalwe vir rys sal enige bydraes waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SNOEKFEES 1 AUG TE MIDDELBURG

Lidmate wat wil saamgaan, skakel asb die kerkkantoor. Daar is plek vir slegs 14 gaste wat wil saamgaan na Middelburg.

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 / sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 8730 565.

 

SINODALE BYEENKOMS VIR VROUE IN DIE WES- EN SUID-KAAP

U word uitgenooi na die vierjaarlikse byeenkoms Woens 3 Junie v/a 09:00 – 13:00 (registrasie v/a 08:15) by Eensgezind, Durbanville. Koste beloop R150-00 p/p en sluit ‘n laatoggend ontbyt in. Alle vroue is welkom by dit by te woon. Dr Nico Simpson behandel die geloofsreis   “Vroue met Vlerke” met die tema: “Regtig begenadigde?” Navrae Karen van As 021 873 5222.

 

GEBEDSPAN NA THAILAND

Ons gemeente ondersteun dr Johan Snymann van “Free to Serve” wat in Thailand ‘n Bybelskool aan die gang hou vir kerkplanters in Thailand, Burma, Laos en China. Ryk van Velden gaan in November vanjaar by die Bybelskool lesings aanbied. Indien enige lidmate belangstel om deel van ‘n gebedspan te word om saam met hom daarheen te gaan, kontak Ryk van Velden kontak by 082 857 4368.

 

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

27 Mei 2015 in die kerksaal in Kerkstraat, Wellington om 19:15. Spreker: Dr ST Potgieter die onderwerp:  Die vyf belangrikste dinge in jou lewe.  Vir meer inligting kontak Petro  021 873 4688 / 072 709 8000.

 

DEUROFFER – STRAATWERK

‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad. Reik uit na vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en mense betrokke

in die nagklubkultuur. Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel. Met “Projek Opruim” word hawelose mense ‘n geleentheid gebied om kontant in die hand te verdien en met “Waardevol vir Jesus” is ons poging om voorkomend op te tree.

 

In die Nuus