Deur : Skriba  /  June 7th, 2015

LERAARS OP KURSUS

Di NJ en Jan is op ‘n kursus v/a 9 – 11 Junie. Indien daar enige krissise is skakel vir Marnus Havenga 061 661 1005 of Danie Theart 021873 1275 / 084 517 2610.

 

JUNIE – SPESIALE DANKOFFERMAAND

U diaken / dienswerker kollekteer nie Junie nie, maar sal vir u ‘n dankofferkoevert gee wat u gedurende Junie na die kerk of die kerkkantoor kan bring. 2 Kor 9:7 “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”

 

MAANDELIKSE DANKOFFER PER DEBIETORDER

Ons is dankbaar vir heelwat gemeentelede wat van die debietorderstelsel gebruik maak vir oorbetaling van maandelikse dankoffers. In sommige gevalle het die bedrag egter vir ‘n geruime tyd onveranderd gebly. Die versoek is dus dat, waar van toepassing, ons ons bydrae-bedrag sal heroorweeg en hopelik dan aanpas soos gelei deur die Here. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van die Kerk van Christus en ons gemeente, en waarsonder ons nie ons bedieningsverpligtinge kan nakom nie – ons waardeer dit opreg.

 

DANKOFFERS

Elektroniese oordragte is makliker, goedkoper en tyd- en papier- besparend. Ons wil u aanmoedig om u dankoffer per debietorder of elektronies oor te betaal aangesien u en die kerk dan bankkoste spaar. Vir navrae skakel Carien Grobbelaar by die kerkkantoor 021 873 2180.

 

DISSIPELSKAP

‘n “Ontdekkersbybelstudie word as deel van ons “Dissipelskap 2015 tema” Donderdagaande v/a 19:00 – 20:00 in die konsistorie aangebied deur ds NJ. Dit is ‘n nuwe Bybelstudiemetode om meer te ontdek oor God, myself en wat ek moet doen. Belangstellendes kontak asb die kerkkantoor. Dit is ‘n handige metode om sonder ‘n handleiding Bybelstudie te doen.

‘n “Disselskapkursus” wat die materiaal gebruik van Deon Loots word aangebied in Die Sentrum v/a 19:00 – 20:00 deur ds Jan. Dit is ‘n omvattende kursus wat werk met die invloed van die sondeval op jou lewe, emosionele genesing, die hantering van verwerping en vergifnis, om my doel in die lewe te verstaan, om God se stem te hoor en om jou gawes te ontdek.

 

RIGLYNE VIR KLEINGROEPE NAV ONS LEESROOSTER

Vir meer besonderhede, sien webwerf.

 

WOEKER VIR BASAAR BY WILDSFEES

Gemeentelede asook basaarsameroepsters wat graag Vrydagaand 14 Aug wil woeker vir hul basaartafels, moet asb voor 12:00 Maandag 8 Junie die kerkkantoor kontak.

 

HUWELIK MET VONK

Word elke Woensdagaand v/a 3 – 24 Junie om 19:00 in Die Sentrum aangebied deur ds Jan. Die onderwerpe wat behandel gaan word is “Grotman of Droomman” / “Grotvrou of Droomvrou” / “Een, maar nie eenders” en “Panado asb”. Belangstellendes moet asb hulle name deurgee aan die kerkkantoor.

 

JAARLIKSE OSBRAAI

Vind weer plaas op 20 Junie vanaf 18:00. Die spyskaart is wit en rooiwyn, daardie heerlike spitgebraaide beesboude, gegeurde rys, kerrieperskes, roosterkoek, patatrol, koejawelpoeding en koffie. Kaartjies @ R60 elk is beskikbaar by die diakens en kerkkantoor.  Vir navrae skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Aangesien die skole Vrydag 26 Junie sluit, is die vlg datum vir verkope Donderdag 25 Junie. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 8730 565.

 

BYBELSKOOL 2015 V/A 29 JUN – 3 JUL

‘n Staptog deur die boek Handelinge” Koste is R170-00 per kind. Kinders v/a voorskool tot Gr 6 is welkom om dit by te woon. Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae Adell Erasmus 082 925 7190. Tieners wat graag wil help kan hulle name by tannie Adell opgee.

 

SNOEKFEES 1 AUG TE MIDDELBURG

Lidmate wat wil saamgaan, skakel asb die kerkkantoor. Daar is plek vir slegs 14 gaste wat wil saamgaan na Middelburg.

 

VROUEKAMP 2015

Vind plaas v/a 31 Jul – 2 Aug by Kleinmond. Koste is R300-00 pp wat verblyf en etes insluit (eie vervoer). Ons spreekster is Christa Theron. Hou die datum oop en hierdie spasie dop vir meer inligting rondom Christa se tema. U kan kom inskryf by die kerkkantoor tot 21 Julie.

 

40 DAE 2015

Word aangebied v/a 16 Aug tot 22 Sept met die tema “Lééf die Lig”.

 

ONTDEK JOU GAWES

Hierdie kursus word in Die Sentrum om 19:00 aangebied v/a 19 Aug vir 4 weke. Dit is ‘n kursus om jou geestelike gawes te ontdek waarmee ek God in die gemeente / gemeenskap kan dien.

 

NOODKAS

Tans is voorraad min en behalwe vir rys, pasta en sopmengsel sal enige bydraes waardeer word. Hulle verkoop weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

MA’S VIR WELLINGTON SWEETPAK EN SOKKIE PROJEK

Aangesien die winter weer aangebreek het benodig hulle sweetpakkies en sokkies vir seuns en dogters v/a 3 – 7 jr. Neem dit asb voor 20 Junie na Ma’s vir W’ton se kantoor by Stokeryweg 27 (Maandae tot Donderdae v/a 08:30 – 13:00) of na Moedergemeente se kerkkantoor (elke dag v/a 08:00 – 13:00). Navra aan Lizette Ferreira 084 368 7667 / admin.mvw@telkomsa.net

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS:

Vraag 57: Watter troos gee die opstanding van die liggaam aan jou?

Antwoord: Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word nie (a), maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word (b).

(a) Luk 16:22; 23:43; Fil 1:21, 23. (b) Job 19:25, 26; 1 Joh 3:2; Fil 3:21.

In die Nuus