Deur : Skriba  /  June 15th, 2015

JUNIE – SPESIALE  DANKOFFERMAAND:  

U diaken / dienswerker kollekteer nie Junie nie, maar sal vir u ‘n dankofferkoevert gee wat u gedurende Junie na die kerk of die kerkkantoor kan bring.  2 Kor 9:7  “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”

 

HANDSAKPROJEK: 

Baie dankie vir almal se deelname en bydraes. Ons waardeer dit baie. Ons benodig nog inhoud soos onderklere, tandepasta, room, kryte, “bubblegum”, haarsjampoo, inkleurboeke of net ‘n geldjie.  U kan dit by Karen van As se huis of by die kerkkantoor afgee tot Vrydag 26 Junie wanneer die skole sluit.

 

MAKHATHINI-NUUS: 

  • Louwrens en sy span het elektronies weer ’n keer baie dankie gesê vir die goeie ontvangs wat hulle in Wellington-Oos gehad het. Dit het vir hulle baie beteken om inligting oor hulle werk deur te gee en te ervaar dat daar mense is wat simpatiek na hulle behoeftes luister.
  • Hy laat weet dat hulle onlangs ’n opleidingsgeleentheid oor twee dae vir hulle kleuterskool-onderwysers gehad het. 28 persone van 22 skooltjies het dit bygewoon. Aan elke skool is ’n pakket van hulpmiddels vir die onderrig ter waarde van R1,000 geskenk, geborg deur ’n sakeman van Potchefstroom. Dis pragtige werk wat hulle daar doen, veral in die lig van dr Ryk van Velden se boodskap van verlede Sondagaand dat VKO (vroeë kind-ontwikkeling) uiters belangrik is en voorkeuraandag moet kry.
  • Daar is al ’n paar duisend rand ontvang vir die “herstelfonds” van Louwrens se bakkie wat op die toer gebreek het. As daar nog mense is wat graag wil bydra, kan die inbetaling elektronies direk in Louwrens se rekening betaal word. Rekbes soos volg:

HL van der Westhuizen

Standard Bank nr 082983224

Kode 050006 Calvinia tak

Verw: Van (indien so verkies) en Well-Oos

Dankie dat jy dit gunstig oorweeg!

 

JAARLIKSE OSBRAAI:

Vind weer plaas op 20 Junie vanaf 18:00. Die spyskaart is wit- en rooiwyn, daardie heerlike spitgebraaide beesboude, gegeurde rys, kerrieperskes, roos- terkoek, patatrol, koejawelpoeding en koffie.  Wegneemetes is beskikbaar.  Kaartjies @ R60 elk is beskikbaar by die diakens en kerkkantoor.   Vir navrae skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

SOSATIES & QUICHE:

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 elk tbv die aankoop van ‘n mini- bus.  Aangesien die skole Vrydag 26 Junie sluit, is die vlg datum vir verkope  Donderdag 25 Junie. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 per pak.  Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiches aan @ R20.00 elk .  Vooraf bestellings by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 8730 565.

 

BYBELSKOOL 2015 V/A 29 JUN – 3 JUL: 

  ‘n Staptog deur die boek Handelinge”.  Koste is R170-00 per kind.  Kinders v/a voorskool tot Gr 6  is welkom om dit by te woon.  Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae Adell Erasmus 082 925 7190.  Tieners wat graag wil help kan hulle name by tannie Adell opgee.

 

VERLORE GOEDERE: 

Alle verlore goedere is in Die Sentrum beskikbaar.  Indien u enigiets by die kerk, op ‘n kamp, by die kinderkerk of waar ookal verloor of vergeet het, kom haal dit asb dringend af  voor Maandag 22 Junie. Goedere wat teen daardie tyd nog nie opgeëis is nie, sal deur Diens van Barmhartigheid verkoop word tbv die aankoop van doeke vir volwassenes.

 

SNOEKFEES 1 AUG TE MIDDELBURG: 

Lidmate wat wil saamgaan, skakel asb die kerkkantoor.  Daar is plek vir slegs 14 gaste wat wil saamgaan na Middelburg.

 

VROUEKAMP 2015:

Vind plaas v/a 31 Jul – 2 Aug by Kleinmond.  Koste is R300-00 pp wat verblyf en etes insluit (eie vervoer).  Ons spreekster is Christa Theron.  Hou die datum oop en hierdie spasie dop vir meer inligting rondom Christa se tema.  U kan kom inskryf by die kerkkantoor tot 21 Julie.

 

40 DAE 2015: 

Word aangebied v/a 16 Aug tot 22 Sept met die tema “Lééf die Lig”.

 

ONTDEK JOU GAWES:

Hierdie kursus word in Die Sentrum om 19:00 aangebied v/a 19 Aug vir 4 weke.  Dit is ‘n kursus om u geestelike gawes te ontdek waarmee u God in die gemeente / gemeenskap kan dien.

 

RIGLYNE VIR KLEINGROEPE NAV ONS LEESROOSTER:

Vir meer besonderhede, sien webwerf.

 

MA’S VIR WELLINGTON SWEETPAK- EN SOKKIEPROJEK:

Aangesien die winter weer aangebreek het, benodig hulle sweetpakkies en sokkies vir seuns en dogters v/a 3 – 7 jr.  Neem dit asb voor 20 Junie na Ma’s vir W’ton se kantoor by Stokeryweg 27 (Maandae tot Donderdae v/a 08:30 – 13:00) of na Moedergemeente se kerkkantoor (elke dag v/a 08:00 – 13:00).  Navra aan Lizette Ferreira 084 368 7667 / admin.mvw@telkomsa.net

 

DEUROFFER – INSTITUUT VIR BLINDES:

Die Instituut vir Blindes is in 1881 deur die NG Kerk gestig en streef vandag daarna om persone wat blind, swaksiende, doofblind en

siggestremd is met bykomende gestremdhede deur opleiding, ontwikkeling en versorging tot ‘n vervulde lewe en volle burgerskap te bemagtig.

U voorbidding word gevra vir die werk  wat hier gedoen word.  U kan help deur ‘n siggestremde in diens te neem en deur van ons

selfvervaardigde produkte (beddens, matrasse, rottang items) te koop.

In die Nuus