Deur : Skriba  /  August 2nd, 2015

NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE

In die vlg wyke is vakatures vir 2016.  Nomineer asb by u wyksbyeenkomste, kerkkantoor of u  wyksleraar.  Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.

Ouderlinge:  Wyke 3, 4, 7, 8, 9, 10, 12, 13, 14, 16, 18, 20, 21, 22, 24, 28, 29, 30, 31, 34, Spruitrivier, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Hug B, Dukes en Uitsig-Park

Diakens:  Wyke 1 Noord, 7, 8, 9, 11, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 27, 28, 30, 33, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Richelieu, Bordeaux, Onder B & D (2 nominasies),  Les Hug A, Les Hug B, Blouvlei, Groenberg, Hertzog, Dukes en Uitsig-Park

 

LERAARS

Beide di NJ en Jan is vandag nog in Middelburg by die Snoekfees.  Skakel asb dr Ryk van  Velden 021 873 2967 / 082 857 4368 indien u ‘n leraar nodig het.

 

KALENDERVOORBLAD

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet voor die einde van Sep elektronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 3 – 7 Augustus Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

NOODKAS

Tans is voorraad baie min en behalwe vir rys sal enige bydraes waardeer word. Barmhatigheidsdiens verkoop ook weer die baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies.  Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius Bergstraat 50 – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

WELLINGTON WILDSFEES 14 & 15 AUG

Ons bou voort op die sukses van die afgelope 3 jaar en hou die 4de Wildsfees in Wellington oor 2 dae met meer aktiwiteite.  Wildsvleis in alle vorme (salami, biltong & droëwors, braaiwors, maalvleis en patti’s). Vry v/a 18:00 is die verkope van wildsprodukte, stalletjies en ons gaskunstenaar, Wicus v/d Merwe, om 19:30 in Wellington-Oos kerksaal.  Kaartjies  vir Wicus se vertoning @ R80-00 pp is vooraf te koop by die kerkkantoor.  Sat 09:00 weer verkoping van wildsprodukte, eetgoed, kinder- vermaak, buitelug uitstallings, boeresport, wildspot en skaapkop.  Vir meer inligting skakel Danie Theart 084 517 2610 / Tinus Broodryk 082 920 2290 / Adri Swart 082 373 2550.

 

WELLINGTON 40 DAE 2015

“Lééf die Lig” reeks. Al die gemeentes volg die reeks v/a 16 Aug – 22 Sept.  Geestelike beginsels wat Andrew Murray verkondig het, pas ons toe op vandag.  Sien ingeslote Bybelboekmerke.

 

40 DAE BOEKIES

Wat 5 dagstukkies vir persoonlike gebruik en inligting vir groepsbyeen- komste insluit asook een DVD vir elke groep @ R50-00.  Beskikbaar op Son 2 Aug na die oggenddiens in die voorportaal, v/a Maan 3 Aug by die kerkkantoor of Donderdagaan by die kerk met die met die eerste byeenkoms.

 

40 DAE GROEPSBYEENKOMSTE

Ons wil u aanmoedig om deel te word van ‘n kleingroep wat vir die 6 weke saam gesels en bid oor die temas.  Indien u nie deel van ‘n kleingroep is nie, kan u inskakel Donderdae om 19:00 in die kerk waar ons saam na ‘n DVD kyk en dan in groepe verdeel.

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus.  Die vlg datum vir verkope is Vrydag 28 Augustus. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak.  Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche.  Vooraf bestellings moet voor of op Woens 26 Augustus by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

ONTDEK JOU GAWES

Word op 19 & 26 Aug en 2 & 9 Sept in Die Sentrum aangebied. Elke gelowige het ‘n gawe van die Heilige Gees ontvang!  Wat is jou gawe?  Skryf, ontdek, beoefen jou gawe en ervaar betekenisvolle Christenskap. Sluitingsdatum vir inskrywings by die kerkkantoor is Vrydag 7 Aug.

 

4 VAKATURES HUGENOTE HOëRSKOOL 1 JAN 2016

Onderwys/es – Afr Huistaal, Eng Add &  Home Language, Lewensoriëntering – almal Gr 8 – 12.  Sluitingsdat Vry 7 Aug.

 

BREIMASJIEN

Ons het ‘n breimasjien geskenk gekry.  As u bereid is om truitjies, serpe, musse ens vir Barmhartigheidsdiens daarmee te brei, kontak asb vir Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.  Die wol sal gratis aan u verskaf word.

 

DANIëL KONFERENSIE VIR MANS

11 & 12 Sept by Wellington-Oos gemeente.  Die tema is ‘n opvolg op 2014 s’n:  ‘n Man na God se hart (2).  Die koste van R200-00 pp sluit aand-, middagetes en verversings in.  Kontak kerkkantoor vir program en inskrywingsvorm.

 

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie.  Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het.  Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp.  Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

HAM MARKDAG

Huis Andrew Murray sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wie of wees gelaat is of deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is.  Om aan die kinders se emosionele, fisiese, intellekteule en geestelike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te vra.  Ons  beplan ‘n markdag op Sat 5 Sep v/a 08:00 – 15:00 by Moedergemeente se Marthasaal as deel van ons fondsinsameling.  Elke huis gaan ‘n tafel beman en Huis Mopanie (waarby ons gemeente betrokke is) het die Kindertafel.  Ons benodig die vlg:  popcorn, lekkers, verf van gesiggies, mandjies of ‘n kontantdonasie (wat as belastingaftrekking benut kan word). Navrae Karen Petersen 021 873 3834/5  karen@andrewmurray.org.za.

 

SUPER GRANNY RIEBEEK-KASTEEL

Internasionaal erkende spreker, Andalene Salvesen, se gewilde OUERSKAPWERKSWINKEL vind plaas 15 Aug te Riebeek-Kasteel.  Die Munchkins-span sluit o.a. in ‘n opgeleide arbeidsterapeut, wat spesialiseer in die uitdagings van vroeggebore babas ens.  ‘n MOET vir elkeen wat ‘n rol speel in ‘n kind se lewe.  Vir meer inligting rakende Monsters to Monchkins besoek  www.munchkins.me  Ook vermaak, verver- sings, opvoedkundige speelgoed, juweliersware, klere ens te koop.  Koste beloop R120 pp.  Aangebied in samewerking met Riebeek-Kasteel Vrouediens. Navrae en besprekings tot 11 Aug aan eljo@lombardtrust.co.za of 082 787 5758.

 

DUO-ORRELKONSERT

2  Aug om 16:00 by NGK Stellenbosch Welgelegen met dr Colin Campbell & Winand Grundling.  Kaartjies te koop by deure @ R60.   Navrae 074 359 8069.

In die Nuus