Deur : Skriba  /  August 9th, 2015

NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE

In die vlg wyke is vakatures vir 2016. Nomineer asb by u wyksbyeenkomste, kerkkantoor of u wyksleraar. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.

Ouderlinge: Wyke 3, 4, 7, 8, 9, 10, 12, 13, 14, 16, 18, 20, 21, 22, 24, 28, 29, 30, 31, 34, Spruitrivier, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Hug B, Dukes en Uitsig-Park

Diakens: Wyke 1 Noord, 7, 8, 9, 11, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 27, 28, 30, 33, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Richelieu, Bordeaux, Onder B & D (2 nominasies), Les Hug A, Les Hug B, Blouvlei, Groenberg, Hertzog, Dukes en Uitsig-Park

 

LERAARS:

Dit is beide di NJ en Jan se afnaweek. Skakel asb Marnus 061 661 1005 indien u vandag ‘n krisis het.

 

WYKS- & LERAARSBIDURE 18 AUG:

Die korrekte wyke wat leraarsbidure het, is wyke 6, 28, 18 & 19. Die kalender is foutief. Ons herinner ook alle ouderlinge daaraan dat nomina- sies vir 2016 kerkraad uit die wyke verkry moet word en aan kerkkantoor deurgegee word.

 

KALENDERVOORBLAD:

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet voor die einde van Sept elek- tronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

NOODKAS:

Baie dankie vir die voorraad wat ons ontvang het, maar die voorraad is steeds baie min en behalwe vir rys en kitspoeding sal enige bydraes waardeer word. Barm- hatigheidsdiens verkoop nog steeds baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius – 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

WELLINGTON WILDSFEES – VRYDAG 14 EN SATERDAG 15 AUGUSTUS :

Vrydag

18:00. Wildsverkope (biltong, droë wors,braaiwors, salami’s, maalvleis en patti’s).

Wildshamburgers en boereworsrolle te koop asook ander kosstalletjies.

 

Saterdag

09:00. Wildsvleisverkope, kosstalletjies en uitstallers. Kindervermaak asook die

treintjie wat loop.

19:30 Wicus van der Merwe tree op in die kerksaal. Kaartjies vooraf te koop @

R80-00 by die kerkkantoor.

Vir navrae en meer inligting skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610, Tinus Broodryk 082 920 2290 of Adri Swart 082 373 2550.

 

WILDSFEES DRIVE THRU VRYDAGAAND V/A 17:00 – 20:00:

Lekker groot wilds- hamburgs (met blaarslaai, kaas en ‘n heerlike sous) @ R20-00 en boereworsrolle met wildswors @ R15-00 te koop. Daar word asb hulp vanuit die kerkraad benodig vir die braai, verkope ens. Skakel Herman le Roux 083 441 9455 / 021 873 1625 indien u bereid is om te help.

 

WELLINGTON 40 DAE 2015:

“Lééf die Lig” reeks. Al die gemeentes volg die reeks v/a

16 Aug – 22 Sept. Geestelike beginsels wat Andrew Murray verkondig het, pas ons toe op vandag. Sien ingeslote Bybelboekmerke.

40 DAE BOEKIES: Wat 5 dagstukkies vir persoonlike gebruik en inligting vir groepsbyeen- komste insluit asook een DVD vir elke groep @ R50-00. Beskikbaar na die oggenddiens op die liturgiese ruimte, gedurende die week by die kerkkantoor of Donderdagaand by die kerk met die eerste groepsbyeenkoms.

40 DAE GROEPSBYEENKOMSTE: Ons wil u aanmoedig om deel te word van ‘n kleingroep wat vir die 6 weke saam gesels en bid oor die temas. Indien u nie deel van ‘n kleingroep is nie, kan u inskakel Donderdae om 19:00 in die kerk waar ons saam na ‘n DVD kyk en dan in groepe verdeel. U kan u naam aan die kerkkantoor deurgee.

 

ONTDEK JOU GAWES:

Word op 19 & 26 Aug en 2 & 9 Sept in Die Sentrum aangebied. Elke gelowige het ‘n gawe van die Heilige Gees ontvang! Wat is jou gawe? Skryf, ontdek, beoefen jou gawe en ervaar betekenisvolle Christenskap. Sluitingsdatum vir inskrywings by die kerkkantoor is Vrydag 7 Aug.

 

VAKATURES: Sien asb ons webwerf vir vakatures beskikbaar.

 

DANIëL KONFERENSIE VIR MANS:

11 & 12 Sept by Wellington-Oos gemeente. Die tema is ‘n opvolg op 2014 s’n: ‘n Man na God se hart (2). Die koste van R200-00 pp sluit aand-, middagetes en verversings in. Kontak kerkkantoor vir program en inskrywingsvorm.

 

SUPER GRANNY RIEBEEK-KASTEEL:

Internasionaal erkende spreker, Andalene Salvesen, se gewilde OUERSKAPWERKSWINKEL vind plaas 15 Aug te Riebeek-Kasteel. Die Munchkins-span sluit o.a. in ‘n opgeleide arbeidsterapeut, wat spesialiseer in die uitdagings van vroeggebore babas ens. ‘n MOET vir elkeen wat ‘n rol speel in ‘n kind se lewe. Vir meer inligting rakende Monsters to Monchkins besoek www.munchkins.me Ook vermaak, verver- sings, opvoedkundige speelgoed, juweliersware, klere ens te koop. Koste beloop R120 pp. Aangebied in samewerking met Riebeek-Kasteel Vrouediens. Navrae en besprekings tot 11 Aug aan eljo@lombardtrust.co.za of 082 787 5758.

 

DUO-ORRELKONSERT:

2 Aug om 16:00 by NGK Stellenbosch Welgelegen met dr Colin Campbell & Winand Grundling. Kaartjies te koop by deure @ R60.   Navrae 074 359 8069.

 

DEUROFFER – VROUEBEGELEIDING:

Die Vrouebegeleiding wil vroue help om God self te hoor saam met ander vroue. Ons glo dat ons God hoor as ons luisterend die Bybel lees en dit wat ons hoor met geloofsvriendinne deel. By gemeentes word Vroue met Vlerke toerustingsgeleenthede aangebied deur ons opgeleide begeleiers. Gemeentes wat bege- leiding verlang om hierdie geloofsreis op plaaslike vlak aan te bied en begeleiers op te lei, kan ons gerus skakel. Interaksie kwartaalblad word ook deur ons uitgegee.

In die Nuus