Deur : Skriba  /  August 16th, 2015

NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE

In die vlg wyke is vakatures vir 2016. Nomineer asb by u wyksbyeenkomste, kerkkantoor of u wyksleraar. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.

Ouderlinge: Wyke 3, 4, 7, 8, 9, 10, 12, 13, 14, 16, 18, 20, 21, 22, 24, 28, 29, 30, 31, 34, Spruitrivier, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Hug B, Dukes en Uitsig-Park

Diakens: Wyke 1 Noord, 7, 8, 9, 11, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 27, 28, 30, 33, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Richelieu, Bordeaux, Onder B & D (2 nominasies), Les Hug A, Les Hug B, Blouvlei, Groenberg, Hertzog, Dukes en Uitsig-Park

 

KALENDERVOORBLAD:

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet voor die einde van Sept elek- tronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

DOOPKURSUS 1, 8, 15 & 22 SEPT:

Vir alle voornemende doopouers en ouers wat reeds gedoop het en nog nie hierdie kursus bygewoon het nie. Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op Maandag 31 Augustus.

 

NOODKAS:

Baie dankie vir die voorraad/kontant wat ons ontvang het, maar die voorraad is steeds baie min en behalwe vir rys en kitspoeding sal enige bydraes (produkte en/of kontant) waardeer word. Barmhartigheidsdiens verkoop nog steeds baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

WELLINGTON 40 DAE 2015:

“Lééf die Lig” reeks. Al die gemeentes volg die reeks v/a vandag tot 22 Sept. Geestelike beginsels wat Andrew Murray verkondig het, pas ons toe op vandag.

40 DAE BOEKIES: Wat 5 dagstukkies vir persoonlike gebruik en inligting vir groepsbyeen- komste insluit asook een DVD vir elke groep @ R50-00. Beskikbaar na die oggenddiens op die liturgiese ruimte, gedurende die week by die kerkkantoor of Donderdagaande by die groepsbyeenkomste in die kerk (sien hieronder).

40 DAE GROEPSBYEENKOMSTE: Ons wil u aanmoedig om deel te word van ‘n kleingroep wat vir die 6 weke saam gesels en bid oor die temas. Indien u nie deel van ‘n kleingroep is nie, kan u Dinsdae 10:00 of Donderdae 19:00 in die kerk inskakel waar ons saam na ‘n DVD kyk en dan in groepe verdeel. U kan u naam aan die kerkkantoor deurgee.

 

SOSATIES & QUICHE:

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Die vlg datum vir verkope is Vrydag 28 Augustus. Rou sosaties kan deur- lopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte bacon & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings moet voor of op Woens 26 Augustus by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 / 021 873 0565 geplaas word.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp. Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

WELLINGTON WEEK VAN GEBED:

In Marthasaal v/a 31 Aug – 6 Sept.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP:

Ons gaan dié maand uitklim, nie uit die kas nie,  maar wel uit die groef of die boks waarin ons leef!  Op Woens 19 Aug 19:15 in die kerksaal in Kerkstraat dr Irene Strydom vir ons vertel hoe.   Sy gaan vir ons riglyne gee in haar praatjie “Klim uit die groef” en dit gaan ook aan depressie gehaak word.  Sy is ‘n sielkundige en het haar praktyk in die dorp.   Dit is altyd ‘n wonderlike belewenis om na haar te luister. Daar gaan heerlike sop en ‘n broodjie wees om ‘n gaatjie in die maag vol te maak. Ek hoop ek sien jou! Petro 021 873 4688 / 072 799 8000.

 

HAM MARKDAG:

Huis Andrew Murray sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wie of wees gelaat is of deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om aan die kinders se emosionele, fisiese, intellekteule en geestelike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te vra. Ons beplan ‘n markdag op Sat 5 Sep v/a 08:00 – 15:00 by Moedergemeente se Marthasaal as deel van ons fondsinsameling. Elke huis gaan ‘n tafel beman en Huis Mopanie (waarby ons gemeente betrokke is) het die Kindertafel. Ons benodig die vlg: popcorn, lekkers, verf van gesiggies, mandjies of ‘n kontantdonasie (wat as belastingaftrekking benut kan word) voor of op Vry 28 Aug. Verdere navrae/inligting Karen Petersen 021 873 3834/5 karen@andrewmurray.org.za.

 

DANIëL KONFERENSIE VIR MANS:

11 & 12 Sept by Wellington-Oos gemeente. Die tema is ‘n opvolg op 2014 s’n: ‘n Man na God se hart (2). Die koste van R200-00 pp sluit aand-, middagetes en verversings in. Kontak kerkkantoor vir program en inskrywingsvorm.

 

MIGHTY MEN MALMESBURY 25 – 27 SEPTEMBER:

Word in Malmesbury aangebied @ R160-00 pp. Vir verdere inligting besoek www.westerncapemmc.co.za

 

DEUROFFER – JAN KRIEL INSTITUUT KUILSRIVIER:

Bemagtig leerders met spesiale onderwys behoeftes. Die gemeente se voorbidding, belangstelling en finansiering word met dankbaarheid erken. Kinders met bv Disleksie, epilepsie en ander leerbehoeftes kry geleentheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel. By Jan Kriel word “belasting afhanklikes” belastingbetalers en selfstandige burgers van die Here se Koninkryk.

 

In die Nuus