Deur : Skriba  /  August 23rd, 2015

NOMINASIE VAN KERKRAADSLEDE

In die vlg wyke is vakatures vir 2016. Nomineer asb by die kerkkantoor of u wyksleraar. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Wellington-Oos se kerkraad.

Ouderlinge: Wyke 3, 4, 7, 8, 9, 10, 12, 13, 14, 16, 18, 20, 21, 22, 24, 28, 29, 30, 31, 34, Spruitrivier, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Hug B, Dukes en Uitsig-Park

Diakens: Wyke 1 Noord, 7, 8, 9, 11, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 27, 28, 30, 33, Uitsig, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Richelieu, Bordeaux, Onder B & D (2 nominasies), Les Hug A, Les Hug B, Blouvlei, Groenberg, Hertzog, Dukes en Uitsig-Park

DS NJ: Hy is Maandag by ‘n Ringvoorsittersvergadering en Dinsdag & Woensdag by ‘n Moderamenvergadering.

WILDSVLEIS: Daar het nog maalvleis, gekerfde biltong en “sirloin/fillet steaks” oorgebly na die Wildsfees en is te koop teen billike pryse. Kontak asb Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND: U diaken/dienswerker voorsien u van ‘n koevert waarin u ‘n bydrae kan gee vir Barmhartigheid in die gemeente en gemeenskap (o.a. bydraes vir Silwerkruin, ACVV, ACVV Dienssentrum en nood in ons gemeente).

WELLINGTON WEEK VAN GEBED: V/a 31 Aug – 6 Sept in die Marthasaal. Oosgemeente het 2 diensbeurte: v/a Dinsdag 19:00 – Woensdagoggend 07:00 en weer v/a Saterdag 07:00 – 19:00. Dit sal opgedeel word in een uur skofte. As u bereid is om diens te doen by die Marthasaal, skakel asb met die kerkkantoor. Indien u in ‘n tydgleuf by die huis wil bid, kan u u naam op ons Gebedsmuur invul. Dit sal Sondae in die voorportaal van die kerk beskikbaar wees en in die kerkkantoor deur die week.

KALENDERVOORBLAD: Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet voor die einde van Sept elek- tronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

DOOPKURSUS 1, 8, 15 & 22 SEPT: Vir alle voornemende doopouers en ouers wat reeds gedoop het en nog nie hierdie kursus bygewoon het nie. Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op Maandag 31 Augustus.

NOODKAS: Baie dankie vir die voorraad/kontant wat ons ontvang het, maar die voorraad is steeds baie min en behalwe vir rys en kitspoeding sal enige bydraes (produkte en/of kontant) waardeer word. Barmhartigheidsdiens verkoop nog steeds baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

WELLINGTON 40 DAE 2015: “Lééf die Lig” reeks. Al die gemeentes volg die reeks v/a tot 22 Sept. Geestelike beginsels wat Andrew Murray verkondig het, pas ons toe op vandag.

40 DAE BOEKIES: Wat 5 dagstukkies vir persoonlike gebruik en inligting vir groepsbyeen- komste insluit asook een DVD vir elke groep @ R50-00. Beskikbaar by die kerkkantoor of Donderdagaande by die groepsbyeenkomste in die kerk (sien hieronder).

40 DAE GROEPSBYEENKOMSTE: Ons wil u aanmoedig om deel te word van ‘n kleingroep wat vir die 6 weke saam gesels en bid oor die temas. Indien u nie deel van ‘n kleingroep is nie, kan u Donderdae 19:00 in die kerk inskakel waar ons saam na ‘n DVD kyk en dan in groepe verdeel. U kan u naam aan die kerkkantoor deurgee.

BUURTWAG VAN RANZADALE VERGADERING: Dins 25 Aug om 18:30 in Die Sentrum. Ons wil graag dat alle inwoners van Ranzadale dit bywoon.

SOSATIES & QUICHE: Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Die vlg datum vir verkope is Vrydag 18 September. Rou sosaties kan deur- lopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte spek & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings moet voor of op Woens 16 September by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp. Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

HAM MARKDAG: HAM sorg vir 150 kinders wie wees gelaat is of deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om aan die kinders se emosionele, fisiese, intellekteule en gees- telike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te vra. Ons beplan ‘n markdag op Sat 5 Sep v/a 08:00 – 15:00 by die Marthasaal as deel van ons fondsinsameling. Elke huis gaan ‘n tafel beman en Huis Mopanie (waarby ons gemeente betrokke is) het die Kindertafel. Ons benodig popcorn, lekkers, verf van gesiggies, mandjies of ‘n kontantdonasie (wat as belastingaftrekking benut kan word) @ Vry 28 Aug. Navrae / inligting Karen Petersen 021 873 3834/5 karen@andrewmurray.org.za.

DANIëL KONFERENSIE VIR MANS: 11 & 12 Sept by Wellington-Oos gemeente. Die tema is ‘n opvolg op 2014 s’n: ‘n Man na God se hart (2). Die koste van R200-00 pp sluit aand-, middagetes en verversings in. Kontak kerkkantoor vir program en inskrywingsvorm.

MIGHTY MEN MALMESBURY 25 – 27 SEPTEMBER: Word in Malmesbury aangebied @ R160-00 pp. Vir verdere inligting besoek www.westerncapemmc.co.za

HEIDELBERGSE KATEGISMUS – Vraag 60: Hoe is jy regverdig voor God?

Antwoord: Slegs deur ’n ware geloof in Jesus Christus (a); so dat al kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie (b) en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (c), God nog- tans (d) aan my sonder enige verdienste van my kant (e), uit louter genade (f) die volkome genoegdoening (g), geregtigheid en heiligheid van Christus skenk (h). Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my volbring het (i). Aan hierdie wel- daad het ek deel vir sover ek dit met ’n gelowige hart (j) aanneem.

(a) Rom 3:21, 22, 24; 5:1, 2; Gal 2:16; Ef 2:8, 9; Fil 3:9. (b) Rom 3:9. (c) Rom 7:23. (d) Rom 4:4; 2 Kor 5:19. (e) Tit 3:5; Deut 9:6; Eseg 36:22. (f) Rom 3:24; Ef 2:8. (g) 1 Joh 2:2. (h) 1 Joh 2:1. (i) 2 Kor 5:21. (j) Rom 3:22; Joh 3:18.

Moenie vergeet van ons facebook-bladsy nie!

In die Nuus