Deur : Skriba  /  August 30th, 2015

VERANDERING VAN LIDMATE SE KONTAKBESONDERHEDE

Indien u sel-, huis-, of werkno / adres / epos adres verander, stel asb die skriba in kennis sodat ons admin op datum kan bly.  Dit maak kommunikasie net meer effektief.

 

WILDSVLEIS

Daar het nog maalvleis, gekerfde biltong en “sirloin/fillet steaks” oorgebly na die Wildsfees en is te koop teen billike pryse slegs v/a Maandag – Woensdag tussen 18:00 en 19:00 by Die Sentrum.  Sien ingeslote pryslys.  Vir navrae kontak Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND

U diaken/dienswerker voorsien u van ‘n koevert waarin u ‘n bydrae kan gee vir Barmhartigheid in die gemeente en gemeenskap (o.a. bydraes vir Silwerkruin, ACVV, ACVV Dienssentrum en nood in ons gemeente).

 

WELLINGTON WEEK VAN GEBED

V/a 31 Aug – 6 Sept in die Marthasaal.  Oosgemeente het 2 diensbeurte: v/a Dinsdag 19:00 – Woensdagoggend 07:00 en weer v/a Saterdag 07:00 – 19:00.  Dit sal opgedeel word in een uur skofte.  As u bereid is om diens te doen by die Marthasaal, skakel asb met die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.  Woens 2 Sept v/a 17:30 – 18:30 bid al die kinders van Wellington saam by die Marthasaal as deel van die Week van Gebed.  Die afskop erediens is vanaand 18:45 by Moedergemeente en na afloop van die diens is daar ‘n Prayer Walk v/a die kerk.  Almal is welkom.  Sondagaand 6 Sept 18:00 is die afsluiting by Josh Gen (La Provence).  Indien u in ‘n tydgleuf by die huis wil bid, kan u u naam op ons Gebedsmuur invul.  Dit sal Sondae in die voorportaal van die kerk beskikbaar wees en in die kerkkantoor deur die week.

 

HOENDERBRAAI KAARTJIES

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai Saterdagaand na die basaar.  Kaartjies is reeds te koop by die kerkkantoor.   Dit is elke jaar ‘n heerlike saamkuier

 

DIENSSENTRUM WEGNEEMETE

‘n Ete word aangebied @ R60-00 per bord vanuit ons kerkkombuis op Son 6 Sept v/a 12:00 – 13:00.  Bring asb eie houers vir die kos en poeding. Voorafbestellings by Hetta Cloete 021 873 3158 / 082 717 3062.

 

KALENDERVOORBLAD

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016.  Voorstelle moet voor die einde van Sept elek- tronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

DOOPKURSUS 1, 8, 15 & 22 SEPT

Vir alle voornemende doopouers en ouers wat reeds gedoop het en nog nie hierdie kursus bygewoon het nie.  Gee asb u name deur aan die kerkkantoor voor of op Maandag 31 Augustus.

 

NOODKAS

Baie dankie vir die bydraes reeds ontvang.  Tans het ons toiletware en skoon- maakmiddels nodig, maar enige bydrae / kontant sal welkom wees.  Barmhartigheidsdiens verkoop nog steeds baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies.  Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius  021 864 1122 / 072 244 3931.

 

VRYDAGNUUS

Om op die weeklikse elektroniese kerknuus van die Sinode in te teken, stuur ‘n epos met u naam en kontakbesonderhede aan kommunikasie@kaapkerk.co.za

 

OPLEIDING IN GEESTELIKE VERSORGING / BERADING VAN SIEKES (HOSPIVISION)

Vir registrasie kontak Hester Heunis by 082 803 0159  of hesterheunis1@gmail.com

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus.  Die vlg datum vir verkope is Vrydag 18 September. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak.  Ons bied ook nou heerlike vars gebakte spek & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche.  Vooraf bestellings moet voor of op Woens 16 September by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie.  Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het.  Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp.  Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

DANIëL KONFERENSIE VIR MANS

Word aangebied by Wellington-Oos gemeente Vry 11 Sept v/a 18:00 – 21:00 & Sat 12 Sept v/a 08:00 – 16:00.  Die tema is ‘n opvolg op 2014 s’n:  ‘n Man na God se hart (2).  Die koste van R200-00 pp sluit in aandete, koffie & verversings Vrydagaand en middagete, koffie & verversings Saterdag.  Kontak die kerk- kantoor vir program, inskrywingsvorm en betaling.  Indien u elektronies betaal moet die verwysing wees:  Daniël + u naam en van.  Indien fondse ‘n probleem is, skakel asb een van die leraars.  Sien ook ons webwerf vir inligting, program en inskrywingsvorm.  Verdere navrae Johan Crous 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

VERLORE BRIL GEVIND

Sal mev Bierman asb die kerkkantoor kontak vir haar bril.  Indien iemand haar ken, gee asb vir haar hierdie boodskap.

 

HAM MARKDAG

HAM sorg vir 150 kinders wie wees gelaat is of deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om aan die kinders se emosionele, fisiese, intellekteule en geestelike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te vra.  Ons  beplan ‘n markdag op Sat 5 Sep v/a 08:00 – 15:00 by die Marthasaal as deel van ons fondsinsameling.  Elke huis gaan ‘n tafel beman en Huis Mopanie (waarby ons gemeente betrokke is) het die Kindertafel.  Ons benodig popcorn, lekkers, verf van gesiggies, mandjies of ‘n kontantdonasie (wat as belastingaftrekking benut kan word) @ Vry 28 Aug. Navrae / inligting Karen Petersen 021 873 3834/5  karen@andrewmurray.org.za.

 

MIGHTY MEN MALMESBURY 25 – 27 SEPTEMBER

Word in Malmesbury aangebied @ R160-00 pp.  Vir verdere inligting besoek www.westerncapemmc.co.za

 

DEUROFFER – TOERUSTINGSBURO VIR INTERKULTURELE WERKERS

TMB rus lidmate, voornemende en reeds dienende gestuurdes in gemeentes en die gemeenskap omvattend toe met toepaslike kursusse (korter of langer) om optimale diens in interkulturele kontekste binne en buite die RSA te lewer. Belangrike sake soos dienslewering en samewerking in onbekende gemeenskappe, die uitdaging van interkulturele kommunikasie, hoe ons taal aanleer, kruiskulturele verkondiging van die evangelie, bediening in informele nedersettings en sinvolle gesprek en besluitnemning in interkulturele konteks word bv aangespreek. TMB se toerusting neem die spesifieke behoeftes, situasie en verwagte uitkomste van betrokke gemeentes of lidmate in ag.

In die Nuus