Deur : Skriba  /  September 13th, 2015

KALENDERVOORBLAD:

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet voor die einde van Sept elektronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

EREDIENSTYE:  

Vanaf Sondag 4 Okt verander die oggenddiens se tyd na 09:00. Die aanddiens se tyd bly onveranderd.

 

40 DAE LEEF DIE LIG:

U kan nog steeds inskakel op Donderdagaande tussen 19:00 en 20:00 in die kerk.

 

LENTE ONTBYT:

Don 17 Sept word al die seniors genooi vir ‘n ontbyt by die Spur. Elkeen betaal vir hom/haarself.  Dit sal ± R40 pp wees, drinkgoed ingesluit. U moet asb voor of op Dins 15 Sept laat weet of jy kan kom twv getalle. Ons kom almal om 09:00 by ons kerk bymekaar en ry dan saam.

 

KERKKOORFEES:  

Don 17 Sept om 19:00 is dit weer tyd vir ons jaarlikse koorfees in ons plaaslike stadsaal. Toegang is gratis, maar ‘n spesiale kollekte sal opgeneem word, wat dan vir ‘n verdienstelike saak geskenk sal word. Dit is altyd ‘n belewenis om dit by te woon.

 

 

NGK WELLINGTON-OOS 4X4 DAG 19 SEPT: 

Ons ry ‘n 4×4 roete oor Porseleinberg met ‘n pragtige uitsig en kuier en braai aan die einde van die roete by Du Vlei padstal tussen Riebeek Kasteel en Hermon.  Registrasie 08:00 en ons vertrek 08:15 v/a Die Sentrum. Koste R200 per voertuig met bestuurder en ‘n donasie van R50 per passasier (kinders gratis).  Indien u nie u eie 4 X 4 voertuig het nie, is u welkom om saam met iemand te kom ry @ R50 pp.  Elkeen voorsien sy eie padkos, vleis en drinkgoed.  Die fondse is tbv Barmhartigheid.  Navrae ds NJ van As 021 873 5222 / 084 584 1331.

 

HOENDERBRAAI KAARTJIES:

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai Saterdagaand na die basaar. Kaartjies is reeds te koop by die kerkkantoor.   Dit is elke jaar ‘n heerlike saamkuier.

 

FIETSTOER 2 – 4 OKT: Ons gaan na Langebaan ry via Malmesbury, Darling, Yzerfontein en deur die Weskus Nasionale Park. Ons samel geld in tbv Huis Andrew Murray. Elke fietsryer moet asb ten minste R400-00 insamel. Fietstoervorms is beskikbaar by ds Jan, die kerkkantoor en die hoërskool. Indien daar persone is wat dalk fietse het om te leen vir die fietstoer, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR KINDERTAFEL (LEKKERS & SPEELGOED):

Benodig leë tunablikkies. U kan dit na kerkkantoor bring of na Petro Botha, Reindersstraat 2 (021 873 4776 / 082 561 4628)

 

NOODKAS:

Baie dankie vir die bydraes reeds ontvang. Tans het ons toiletware en skoonmaakmiddels nodig, maar enige bydrae / kontant sal welkom wees. Barmhartigheidsdiens verkoop nog steeds baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies. Dit is te koop @ R25/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

SOSATIES & QUICHE:

Jeugbediening verkoop elke einde van die maand op die laaste Vrydag gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00 \ sosatie tbv die aankoop van ‘n minibus. Die vlg datum vir verkope is Vrydag 18 September. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Ons bied ook nou heerlike vars gebakte spek & kaas quiche aan @ R20.00 / quiche. Vooraf bestellings moet voor of op Woens 16 September by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp. Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

MOSLEMBEDIENING:

Wessel en Lome is van 16 tot 20 Sept hier.  Om bietjie saam met hulle te kuier of om op 20 Sept saam met hulle te eet by Drakenstein Kerksaal  skakel Lona Liebenberg 082 382 0526 so gou moontlik  om ‘n tyd te reël of om kaartjies te kry.

 

MIGHTY MEN MALMESBURY 25 – 27 SEPTEMBER:

Word in Malmesbury aangebied @ R160-00 pp. Vir verdere inligting besoek www.westerncapemmc.co.za

 

WELLINGTON SE GEBEDSIMFONIE:

Ontmoet vandag om 15:30 by Eerstelaan 22. Esther uit die Midde-Ooste gaan ons inlig oor die toestande daar wat gebed benodig. Bring ook jou eie gebedsonderwerpe. Vir meer inligting bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP:

Op Woens 16 Sept om 19:15 in die kerksaal,  Kerkstraat,  Herman Bailey is ons spreker met die tema “Ek bring vir julle hoop”.  Ek het ‘n voorstel nodig om ‘n kreatiewe middag of aand te hou.  Dit sal so lekker wees as julle solank dink en vir my laat weet! Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

 

IN DIE BEGIN – SANGDIENS SON 20 SEPT 09:30 NOORD GEMEENTE:

In die begin” is ‘n kort reis deur die skeppingsdae. Spesiale musiek is gekies om juis die skeppingsdae te verteenwoordig met ons Hoërskoolkoor olv Johann Enslin, Winand Grundling (orrelis), André Terblanché (sanger), Schalk Wasserman (timpani) en verskeie voorlesers.

 

DAMESKRING IN SAMEWERKING MET MOEDERGELEENTHEID BIED AAN:

Oggend saam met Amelia van Zyl van “Kamers vol geskenke” wat dames gaan toespreek oor “Familie is ‘n werkwoord”. Verversings te koop na die tyd. 12 Okt om 19:00 in Marthasaal.

 

In die Nuus