Deur : Skriba  /  September 27th, 2015

EREDIENSTYE

Vanaf Sondag 4 Okt verander die oggenddiens se tyd na 09:00.  Die aanddiens se tyd bly onveranderd.

 

G-VOUCHER PROJEK

Sien ons webwerf vir nuutse inliging rondom hierdie projek.

 

MATRIEKETE

“Let the games begin!”  Vanjaar se matriekete vind plaas op Woensdag 14 Okt om 18:15 vir 18:30 in die kerksaal.  Daar is uitnodigings per epos gestuur aan al die Matrieks in ons kerk en julle moet asb voor of op 30 Sept die kerkkantoor (Elize 021 873 2690) of Suzaan Steenkamp 072 446 5156  laat weet of jy en jou ouers kom.  Kom ontspan lekker saam voor die groot eksamen!  Hoop om jou daar te sien!

 

KALENDERVOORBLAD

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016.  Voorstelle moet voor die einde van Sept elektronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

NIEU-BETHESDA UITREIK

120 Opgewonde kindertjies in Nieu-Bethesda wag vir ons!  16 Laerskoolkinders en 4 volwassenes reik uit dmv ’n vakansie Bybelskool v/a 5 – 9 Okt.  Ons word gehuisves deur die NG Gemeente en die VGK bied hulle kerksaal vir bediening aan.  Dis ’n opvolgkuier van 2013.  Bid asb  saam vir ’n geseënde reis en uitreik.  Ons benodig beskuit, lekkergoed, skryfpotlode en gebreide/gehekelde/lap gemaakte strooikussings.  Vir verdere inligting kontak Adell Erasmus 082 925 7190.

 

HOENDERBRAAI KAARTJIES

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai Saterdagaand na die basaar.  Kaartjies is reeds te koop by die kerkkantoor.   Dit is elke jaar ‘n heerlike saamkuier.

 

FIETSTOER 2 – 4 OKT

Ons gaan na Langebaan ry via Malmesbury, Darling, Yzerfontein en deur die Weskus Nasionale Park.  Ons samel geld in tbv Huis Andrew Murray.  Elke fietsryer moet asb ten minste R400-00 insamel.  Fietstoervorms is beskikbaar by ds Jan, die kerkkantoor en die hoërskool. Die vorms moet asb op die laatste Woens 23 Sept by die kerkkantoor ingegee word.  Indien daar pesone is wat dalk fietse het om te leen vir die fietstoer, skakel asb die kerkkantoor.

 

FAMILIENUUS

Indien u ‘n bydrae vir die Familienuus wil stuur moet die artikels en foto’s asb die kerkkantoor bereik voor 23 Oktober.

 

BASAAR

Ons benodig die vlg:

Kindertafel (Lekkers & Speelgoed): leë tunablikkies.

Poedingtafel:  Baie roomysbakke (2L).

Mannetafel:  Enigiets wat by u huis nie gebruik word nie en net in u pad is.

U kan alles by die kerkkantoor afgee.

 

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie.  Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het.  Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp.  Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

KERKE TEEN KORRUPSIE

Die NG Kerk het die afgelope paar jaar telkens haar stem in talle forums en gesprekke teen korrupsie laat hoor. Ons was ook betrokke by daadwerklike aksies en veldtogte.  Dit is teen hierdie agtergrond dat die beplande optogte van 30 Sept in Kaapstad en Pretoria gesteun word en leraars en gemeentes opgeroep word om betrokke te wees en deel te neem – veral die wat in en naby Kaapstad en Pretoria is. Kontak kerkkantoor vir verder inligting.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ’n geloof dan vandaan?

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die sakramente (b).

(a) Ef 2:8;  6:23;  Joh 3:5;  Filp 1:29. (b) Matt 28:19;  1 Pet 1:22-23.

In die Nuus