Deur : Skriba  /  October 5th, 2015

BASAAR – ONS BENODIG DIE VLG:

Kindertafel (Lekkers & Speelgoed): Leë tunablikkies & leë groot Mayonnaise bottels

Poedingtafel: Baie roomysbakke (2L).

Mannetafel: Enigiets wat by u huis nie gebruik word nie en net in u pad is.

U kan alles by die kerkkantoor afgee.

 

ALGEMENE SINODE:

4 – 7 Oktober. Dink asb in u gebede aan die afgevaardigdes vir die Sinade. Bid vir afhanklidheid, insig, wysheid en ehoorsaamheid aan die Woord en die Gees. Ds Jan is ook afgevaardig.

 

DANKIE:

Baie dankie vir u oop hart en hand en voorbidding vir die fietstoer en Nieu-Bethesda uitreik.

 

BOEK TE KOOP:

“Die keuses wat ek maak” deur Chris Harris is beskikbaar by Bybelkor. Dit is ‘n goeie dagstukkieboek om te gebruik in u stiltetyd. .

 

FREE 2 SERVE (SENDINGWERK IN THAILAND):

Op 23 Okt om 19:00 vier Free 2 Serve hulle 21ste verjaarsdag in Somerwet-Wes. Dr Ryk van Velden gaan dit namens ons gemeente bywoon. Indien enigeen wil saamgaan, kontak hom by 082 857 4368.

 

G-VOUCHER PROJEK:

Sien ons webwerf vir nuutse inliging rondom hierdie projek.

 

KALENDERVOORBLAD:

Ons verwelkom graag voorstelle van die hoërskoolleerlinge om te gebruik vir die kalendervoorblad vir 2016. Voorstelle moet @ Maan 12 Okt om 12:001 elektronies aan die kerkkantoor gestuur word of in ‘n vorm wat geskandeer kan word by die kerkkantoor ingehandig word sodat dit saam met die kalender gedruk kan word.

 

HOENDERBRAAI KAARTJIES:

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai Saterdagaand na die basaar. Kaartjies is reeds te koop by die kerkkantoor.   Dit is elke jaar ‘n heerlike saamkuier.

 

FAMILIENUUS:

Indien u ‘n bydrae vir die Familienuus wil stuur moet die artikels en foto’s asb die kerkkantoor bereik voor 23 Oktober.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp. Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

 

MAKHATHINI-NUUS: Makhathini bedien die area geleë tussen Mosambiek, Swaziland, die Lebomboberge en die Indiese oseaan. Dit is ’n warm, onherbergsame streek waar vlugtelinge en verworpenes, meesal uit Zulu- en Tsonga-stamme , jare gelede ’n veilige heenkome kom soek het. ’n Area van sowat 631 000 hektaar met 500 000 Zulu-sprekende mense, waarvan die meerderheid kinders en jeugdiges is. Nadat die NG Kerk in die jare 1928 tot 1935 verskeie pogings aangewend het om die bediening hier te vestig, is dit in 1971 weer hervat en so het die VGK Makhathini sy ontstaan gehad. Dank die Here vir die groot geleentheid waarby ons gemeente betrokke kan wees. Bid dat meer en meer van die halfmiljoen inwoners die evangelie sal hoor en aanneem.

 

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

 

Vraag 66: Wat is sakramente?

Antwoord: Dit is heilige, sigbare tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk Gen 17:11; Rom 4:11; Deut 30:6; Lev 6:25; Heb 9:7-9, 24; Eseg 20:12; Jes 6:6, 7; 54:9.

 

In die Nuus