Deur : Skriba  /  October 11th, 2015

BASAAR – ons benodig die vlg (u kan alles by die kerkkantoor afgee)

Kindertafel (Lekkers & Speelgoed): Leë tunablikkies & leë groot 1 kg Mayonnaise bottels.  Ons gaan Dins 20 Okt by Die Sentrum bymekaar kom v/a 15:00 – 18:00 en goedjies maak (voltooi) vir die basaar – almal (kinders ook) is welkom al is jy nie in ons groepie nie.  Kontak gerus vir Veronica:  084 664 3895 vir meer besonderhede.                            

Poedingtafel:  Baie roomysbakke (2L).

Mannetafel:  Enigiets wat by u huis nie gebruik word nie en net in u pad is.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 12 – 16 Oktober Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

KOORLEDE BENODIG VIR KERSSANGDIENS 2015

Die drie NG Kerke van Wellington gaan hierdie jaar een gesamentlike Kerssangdiens aanbied.  Dit vind plaas op Sondag- aand 29 Nov by Moedergemeente.  Ons wil graag, soos met die pasafgelope Paassang- diens, een koor saamstel vanuit die hele dorp.  Ons mikpunt is 80 lede!  Oefeninge vind plaas op Maandagaande (19 & 26 Okt en 2, 9, 16, & 23 Nov) v/a 18:30 – 20:00.  Die kleedrepitisie is op Sat 28 Nov v/a 09:00.  Dit gaan werklik ‘n wonderlike geleentheid wees, met wonderlike soliste en pragtige musiek!  Kom help om dit ‘n grootse geleentheid te maak.  Ons benodig veral nog manne.  Stuur asb u naam en kontakbesonderhede na Johann Enslin by jenslin@hugenoteskool.co.za of stuur ‘n sms na 074 359 8069.

 

FREE 2 SERVE (SENDINGWERK IN THAILAND)

Op 23 Okt om 19:00 vier Free 2 Serve hulle 21ste verjaarsdag in Somerwet-Wes.  Dr Ryk van Velden gaan dit namens ons gemeente bywoon.  Indien enigeen wil saamgaan, kontak hom by 082 857 4368.

 

HOENDERBRAAI KAARTJIES

U diaken/dienswerker sal u gedurende Okt besoek met etekaartjies vir die hoenderbraai Saterdagaand na die basaar.  Kaartjies is reeds te koop by die kerkkantoor.   Dit is elke jaar ‘n heerlike saamkuier.

 

FAMILIENUUS

Indien u ‘n bydrae vir die Familienuus wil stuur moet die artikels en foto’s asb die kerkkantoor bereik voor 23 Oktober.

 

RE#IMAGINE MATRIEKFEES HEROLDSBAAI

Vir aandag alle Skoolverlaters!  Kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek van ‘n leeftyd ná die Groot Eksamen!  …teen ‘n sakpas-prys!  29 Nov tot 6 Des 2015 by  Heroldsbaai – 300 m vanaf die mooiste strand aan die Suid-Kaapkus – by die kampterrein van die NG Kerk George-Suid.  R1000 pp vir die hele week!  Jip, kos en verblyf en ‘n rits “wegbreek” aktiwiteite ingesluit!  Jy moet net self daar kom!  Maar ons sal jou selfs by die bushalte of George-lughawe kom optel!  Vir meer inligting kontak  Albé Theunnissen by albetheunissen@gmail.com of 082 928 3561 of Johan Engelbrecht by johan@ngkhartenbos.co.za of 082 372 6729 of besoek ons facebook blad vir ‘n promo-video en inskryfvorm:  www.facebook.com/herolds2015/  Sluitingsdatum is 22 Nov 2015.


AFSLUITING MOEDERGEMEENTE FEESJAAR

‘n Multimediaproduksie in WOORD, BEELD EN KLANK saam met die Libertaskoor.  Sondag 25 Okt 19:00.  Vir meer inligting kontak Liezl Williams 021 873 1561.

 

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES

Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families.  Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie.  Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het.  Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp.  Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

 

Makhathini-Nuus

Die afgelope jaar se syfers dui aan dat 37 mense belydenis van geloof afgelê het. Hiervan kom 22 uit ’n Christelike agtergrond en 15 uit die nie-Christendom. Daar is 15 volwassenes en een kindjie gedoop. Daar is tans 650 belydende lidmate en 250 kinders in 19 Sondagskole. Dank die Here vir die vordering wat gemaak word en bid veral dat die groot getal kinders wat weekliks bereik word, ware volgelinge van Jesus sal word.


HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 67: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus wat aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te wys?

Antwoord: Ja, seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle saligheid op die enige offer van Christus rus, wat aan die kruis vir ons volbring is – Rom 6:3;  Gal 3:27

Vraag 68: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond of Testament ingestel?

Antwoord: Twee, naamlik die heilige doop en die heilige nagmaal.

In die Nuus